Uithouruiters presteer op Fauresmith
Perdesport
Tien ruiters van Namibië het as individuele inskrywings deelgeneem aan die jaarlikse 206 kilometer uithourit by Fauresmith in die Vrystaat – ’n driedaagse uitdaging wat as een van die heel taaiste toetse vir deelnemers in die sport bestempel word.
Uit die 298 perde wat ingeskryf is, het 286 weggespring waarvan 126 perde die suksesvol rit voltooi het – ’n koers van 43%.
Namibië het in elke gewigsklas ’n toptien ruiter opgelewer.
Franzi Marais se algehele vyfde posisie (9 ure 14 minute 05 sekondes) was die hoogtepunt van die toergroep se deelname. Op haar perd Monique Karim is sy in die liggewigklas ook as die Beste van die Beste bekroon, op grond van ’n veeartstoets op haar perd se herstelvermoë ná die rit.
Van die liggewigte was Franzi Marais derde en Bianca Jacobs 12de.
By die junior ruiters was Caila Potgieter vierde en Jac du Toit 14de.
Collin Harold was vyfde en Carmen Derks agtste in die standaardgewigklas, terwyl die swaargewigte Henning du Toit en MJ Garbers onderskeidelik sesde en 12de klaargemaak het.
In die spankompetisies eindig die Namibiese gemengde liggewigspan as wenners, terwyl die standaardgewigte derde klaarmaak.
Van die Namibiërs palm ook die gesogte pryse vir die bes gekondisioneerde perde in, naamlik Franzi Marais (liggewigklas) met haar perd Monique Karim, asook Collin Harold (standaardgewigklas) met Wiejande Kaily.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie