Unam kry terugslag; Suburbs op volspoed

Klubrugby
Trustco United het Saterdag vergeefs probeer keer terwyl FNB Western Suburbs 'n vyftigtal opgestapel het.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

FNB Western Suburbs 1 het Saterdag agt drieë teen Trustco United 1 in Olympia aangeteken om hul vyfde oorwinning van die 2022 NRU premierliga-seisoen met 53-9 te behaal.

United se enigste punte was van die stewel van losskakel Renier Benade met twee strafdoele en ’n ­uitstekende skepskop – maar rustyd was die Khomasdallers reeds met 36-9 voor.

Benade het sy United-debuut gemaak nadat hy vrystelling van FNB Wanderers verkry het, waar hy sover meestal tweede span moes speel. By die Filistyne kry hy geleentheid om saam met sy broer te speel, die binne­senter Reinold Benade wat tevore ’n nasionale o.20-skrumskakel was.

Suburbs se kaptein en ­linkervleuel, Gino Wilson, het binne die eerste minuut ná die afskop met ’n solodrie dadelik die gasheer op die agtervoet geplaas. United kon nie die ­besoekers se aanslag keer nie en Suburbs se ­regtervleuel Dumarcho Hartung het ’n paar minute later sy span se ­volgende vyfpunter aangeteken.

Die eenrigtingverkeer het Suburbs in ’n goeie gees gehad, terwyl die jong United-span onder leiding van flank en kaptein Eloff du Plessis hul bes probeer het om die gety te stuit.

United het in die tweede helfte amper ’n paar drieë gedruk, maar ’n gebrek aan ondersteuning, ervaring en die vurige verdediging van Suburbs het hulle enige vreugde ontneem.

Suburbs (55). Drieë (8) deur Wilson (2), Hartung (2), plaasvervanger-skrumskakel Andrew-James Kearns (2), losskakel Justin Nel 1 drie en 1 doelskop, heelagter Ricardo Swartz 5 doelskoppe en 1 strafdoel. Geelkaart: Elliot Lombardt (plaasvervangerstut).

United (9). Benade 2 strafdoele en 1 skepskop.

KUDUS TERUG BOAAN PUNTELYS

Afrigter Gawan Esterhuizen se twee FNB Kudus-spanne het die uiters seldsame prestasie behaal om elk met ’n bonuspuntsege van die Unam-­stadion af weg te kom sonder dat die studentespan ’n enkele ligapunt kon byvoeg, skryf Andrew Poolman.

Die Walvisbaaiers se oorwinning met 34-12 teen FNB Unam plaas hulle weer boaan die puntelys waar hulle vroeër in die seisoen was. Kudus het nog net een wedstryd uit nege verloor, maar hul voorsprong is steeds net een punt bo FNB Wanderers (39 teen 38).

Die wedstryd het nog skaars begin, toe die ambulanspersoneel aan Unam se loskopstut Simon Kanime aandag moes gee nadat hy ’n stamp teen die kop in ’n onsuksesvolle duikslag teen die heup van Kudus se slot Codey Naholo gekry het.

Die Unam-afrigterspan van David Philander sal dus nou boonop vir die volgende wedstryde sonder Kanime (harsingskudding) moet klaarkom, asook die haker Jeandre Cloete wat later ’n achillesbesering opgedoen het.

Die Kudus-agttal het die kitaar geslaan met ’n lynstaandryfdrie in elke helfte vir die haker Zwandre Viviers, terwyl die ­plaasvervangerstut Lorenco Calaca ook vir ’n drie oor­gedryf het.

Vir die Kudus-flank Joshua Jacobs se drie kort ná rustyd het ’n bal vir hom reg gewip wat uit ’n Unam-lynstaan buite die kwartlyn geklap is, terwyl Kudus se agterlyn – met drie lede van die 2019 Wêreldbekerspan – hul ondernemingsgees gewys het met drieë vir heelagter Chad Plato asook die linkervleuel Paolo Andrews.

Laasgenoemde drie is aangevoer deur ’n stukkie instinktiewe spel van Kudus se losskakel Kyle Wentzel, wie se lang aangee na PJ Walters op die grond beland het toe die buitesenter teruggeduik is, maar Wentzel het die rollende bal in die rigting van Andrews geskop, wat doellyn toe kon snel sonder iemand naby hom.

Hierteenoor kon Unam die hele dag net met twee drieë antwoord, naamlik deur die nuwe regtervleuel Tonderai Ndudzo en senter Darryl Wellman, waarvan een deur Delron Brandt verdoel is.

Voor die afskop is ’n oomblik van stilte gehou ter nagedagtenis aan Cedric Haraseb, ’n gewilde klub­speler van Kudus en Western Suburbs en die Namibiese o.18 Cravenweekspan wat verlede week in ’n padongeluk omgekom het.

• Komende Saterdag se wedstryd­skedule (tuisspanne eerste): FNB Grootfontein tn FNB Wanderers (regstreeks op NTV); FNB Kudus tn Trustco United op Walvisbaai; FNB Reho Falcon tn FNB Western Suburbs; FNB Unam tn FNB Rehoboth.

• Meer inligting oor die naweek se klubrugby binne in Sport Wrap, of by www.fnbrugby.my.na aanlyn.

Kommentaar

Republikein 2024-09-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe SerieA: Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Stoke City 1 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 22° | 37° Eenhana: 18° | 38° Oshakati: 18° | 37° Ruacana: 18° | 36° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 15° | 33° Omaruru: 15° | 35° Windhoek: 15° | 31° Gobabis: 12° | 32° Henties Bay: 11° | 21° Wind speed: 18km/h, Wind direction: NW, Low tide: 07:11, High tide: 13:35, Low Tide: 19:41, High tide: 01:54 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:33, Low Tide: 19:39, High tide: 01:52 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 21km/h, Wind direction: N, Low tide: 07:09, High tide: 13:32, Low Tide: 19:39, High tide: 01:51 Rehoboth: 11° | 32° Mariental: 12° | 34° Keetmanshoop: 11° | 31° Aranos: 11° | 33° Lüderitz: 13° | 21° Ariamsvlei: 10° | 30° Oranjemund: 14° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 19° | 35° Mbabane: 8° | 12° Maseru: 4° | 17° Antananarivo: 11° | 32° Lilongwe: 19° | 30° Maputo: 14° | 22° Windhoek: 15° | 31° Cape Town: 11° | 24° Durban: 13° | 18° Johannesburg: 6° | 19° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.41 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 884.80/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067