• Tuisblad
  • Sport
  • Unam kry ysters terug; Rehoboth reis eerste na Walvis
Lesley Klim
Lesley Klim

Unam kry ysters terug; Rehoboth reis eerste na Walvis

Klubrugby
Andrew Poolman
Op versoek van FNB Rehoboth-rugbyklub is ooreengekom dat die datums omgeruil word en dat FNB Kudus van Walvisbaai môre die tuisvoordeel sal hê vir die eerste ontmoeting in die Namibië Rugby-unie premierliga.

Volgens die aanvanklike program sou môre se wedstryd op Rehoboth aangebied word, maar die Rooi Bulle sal nou eerste na die kus reis.

Kudus, onder afrigterskap van Gawan Esterhuizen, het die flank Cameron Langenhoven as een van sy aanwinste vir die nuwe seisoen. Langenhoven is as kaptein aangewys, nadat hy tevore reeds die leierskap van die Namibiese o.20-span en sy vorige klub, FNB Unam, hanteer het.

• Vir Unam is dit goeie nuus dat twee van sy spelers met 2019 Wêreldbeker-ervaring, senter Lesley Klim en flank Prince !Gaoseb, beskikbaar is vir môre se openingswedstryd teen FNB Western Suburbs.

Klim en !Gaoseb was onlangs in Suid-Afrika op toer saam met Tel Aviv Heat vir proewe, maar is nie daar gekontrakteer nie. Hul klubmaat, die flank Peter Diergaardt, was ook saam op die toer na Pretoria, maar het intussen na die Tsjeggiese klub teruggekeer waar hy ook verlede jaar gespeel het.

Unam het verlede jaar beide sy kragmetings teen Western Suburbs gewen, insluitend die finaal met 30-20 (’n uitslag wat later nietig verklaar is, met geen ligawenner vir 2021 nie).

Die spanne vir die naweek soos ontvang:

FNB UNAM (teen Suburbs): 15 Lorenzo Louis, 14 Darryl Wellman, 13 Lesley Klim, 12 Alcino Izaacs (kaptein), 11 Shareave Titus, 10 Delron Brandt, 9 Jean-Claude Winkler, 8 Oderich Mouton, 7 Berry Gande, 6 Prince !Gaoseb, 5 Enzio Kotzee, 4 Brendon Ortner, 3 Simon Kanime, 2 Jeandre Cloete, 1 Hilwen Fourie.

Reserwes: Graham April, Jason Benade, Sydney Halupe, Bjon Kozondunge, Gilad Plaatjies, Aljarreau Zaahl, Camlo Martin.

FNB KUDUS (teen Rehoboth): 15 Aston Mukwiilongo, 14 Paolo Andreas, 13 Lloyd Jacobs, 12 Michael Hummel, 11 Jayden Bussel, 10 Kyle Wentzel, 9 Percy Nash, 8 Charlton Brussel, 7 Lezardo Vos, 6 Cameron Langenhoven (kaptein), 5 Shaun White, 4 Codey Naholo, 3 Lorenzo Calaca, 2 Zwandre Viviers, 1 Armando Viviers.

Reserwes: Craig Swartz, Jarren Koning, Tertius Arangies, Joshua Jacobs, Deven Langenhoven, Aurelio Plato, Lorenzo Groenewaldt, Justin Newman.

FNB REHO FALCON (teen Wanderers): 15 Hilton Neethling, 14 Shaun Mouton, 13 Franklin Kharigub, 12 Greg Stein, 11 Daniel Bezuidenhout, 10 Franklin Busch, 9 Ronaldo de Klerk, 8 Dwaine Alexander, 7 Joba Werner, 6 Malichi van Wyk, 5 Ronald Vogel, 4 Damian Bezuidenhout, 3 Edmando Kotzee, 2 John-Toby van Wyk, 1 Roland Renton (kaptein).

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!