Unam se toppryse aan Kooper en Benade
Klubrugby
Die stut Jason Benade en flank Berry Gande het met van die groot pryse weggestap toe FNB Universiteit van Namibië sy jaareindfunksie vir die 2023-seisoen gehou het.
Benade is as die klub se sportman van die jaar vereer. By sy vorige klub, Trustco United, was hy ook sportman van die jaar in 2018. Benade was een van agt huidige of voormalige Unam-spelers wat vanjaar se Wêreldbeker-groep na Frankryk gehaal het en het vroeër dié seisoen ook vir die Windhoek Draught Welwitschias in die Mzansi-uitdaagreeks gespeel.
Die hardwerkende Gande is as klubspeler van die jaar bekroon, asook die spelers se speler van die jaar. Sy derde en vierde eerbewyse was die voorsitterstoekenning, asook die voorste driedrukker (nege) vir die eerste span in die Namibië Rugby-unie se premierliga.
Unam se enigste NRU-trofee vanjaar is deur sy talentvolle vrouespan die Steenbokkies verower, wat in die semifinaal vir Kudus uitgeskakel het (31-3) en in die finaal met 47-3 verby die United Gemsbokkies gestorm het.
Ivone Kooper, die blitsige heelagter wat so tussendeur ook sokker vir Namibië se Gladiators en die kampioenklub Tura Magic speel, is bekroon as sportvrou van die jaar, spelers se speler van die jaar, voorste driedrukker (38, insluitend vyf in die finaal) en voorste puntemaker (208).
Benewens hierdie “groot drie” was die ander pryswenners soos volg:
Aljarreau Zaahl – meeste punte (94) in die premierliga.
Roaldo Rittmann – beste voorspeler in die premierliga.
Raschano van Rooi en Peace Shimwino – beste agterspelers in die premierliga.
Jaden Jeffery – beste vordering.
Newton Makaka en Paulus Hangula – mees veelsydige spelers.
Tjipe Tjatuuapo – meeste drieë (7) in die reserweliga.
Damian van den Ross – meeste punte (54) in die reserweliga.
Damian van den Ross en Keanan Januarie – beste agterspelers in die reserweliga.
Abraham Iilonga – beste voorspeler in die reserweliga en algeheel mees toegewyde speler.
Desiderius Sethie – toekenning van die Unam sportkantoor.
Alina Ashipala – Steenbokkies mees toegewyde speler.
Yasmine Abdul-Kariem – Steenbokkies beste vordering.
Elzane-Lee Basson – Steenbokkies mees veelsydige speler.
Ndapanda Kakundi – Steenbokkies beste voorspeler.
Kayla-Ann Tjombe – Steenbokkies beste agterspeler.
AFRIGTERSPAN VIR 2024
Unam se afrigterspan vir 2024 is ook bevestig, met een verandering. Denver Murorua verhuis na Duitsland en hy word dus as Unam se biokinetikus / mediese beampte deur Keanan van Wyk vervang.
By die manspanne gaan Russel van Rooi voort as hoofafrigter, met die voormalige flank Renaud van Neel as hulpafrigter vir die voorspelers en Roger Thompson as hulpafrigter vir agterlynspel. Thompson (gewese nasionale o.20-afrigter) het gedurende die tweede helfte van 2023 by die studentespan aangesluit. Ryno Visagie bly spanbestuurder van die manspanne.
Edwin Basson bly die hoofafrigter van die Unam Steenbokkies vrouespan, met Bronwin Basson as spanbestuurder.
Werner Jeffery junior (krag en kondisionering) en Keanan van Wyk vervul hul take by beide die mans- en vrouespanne.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie