Delron Brandt
Delron Brandt

Unam weer sonder Klim en !Gaoseb

Rugby
Andrew Poolman
Die buitesenter Lesley Klim en die flank Prince !Gaoseb sal afwesig wees vir FNB Universiteit van Namibië se wegwedstryd môre teen FNB Kudus in

Beide dié Wêreldbekerspelers van 2019 is op pad om hulle by die Tel Aviv Heat te gaan aansluit, wat in die Europese Superbekerreeks meeding.

Beide Klim en !Gaoseb het laas naweek tydens Unam se openingsege met 37-25 teen FNB Western Suburbs gespeel.

Losskakel Delron Brandt, wat met sy skopvoet en algemene spel ’n belangrike rol vir die studentespan vervul, is weens ’n familieverpligting onbeskikbaar, terwyl die senter Camlo Martin en skrumskakel JC Winkler weens werkverpligtinge nie oorweeg kon word nie.

FNB UNAM (teen Suburbs): 15 Lorenzo Louis, 14 Peace Shimwino, 13 Darryl Wellman, 12 Jaydene Links, 11 Shareave Titus, 10 Alcino Izaacs (kaptein), 9 Aljarreau Zaahl, 8 Oderich Mouton, 7 Berry Gande, 6 Gilad Plaatjies, 5 Enzio Kotzee, 4 Brandon Ortner, 3 Simon Kanime, 2 Jeandre Cloete, 1 Jason Benade.

Reserwes: Graham April, Hilwen Fourie, Sidney Halupe, Venantius Kalilo, Bjorn Kozondunge, Shaquille Januarie, Hatago Nunuhe.

BY WANDERERS

Vir FNB Wanderers se tuiswedstryd môre teen FNB Rehoboth moes die vaskopstut Ignus Tripodi en buitesenter Bernie Hugo vervang word in die beginspan wat laas naweek ’n dominerende oorwinning met 61-3 teen Reho Falcon opgestapel het.

Ryan Coetzee was puik op dreef vir beide die tweede span en as plaasvervanger in die premierliga-wedstryd en het dus bevordering verwerf, met Louis Meyer wat van vleuel af in Hugo se plek senter toe skuif.

Tripodi se plek word as vaskopstut deur Frans van Wyk ingeneem.

Afrigter Rohan Kitshoff kon sover nog nie op die knoppie van JC Greyling druk nie. Die Namibiese nasionale span se drieëmasjien het vanweë werkverpligtinge glo ook nog nie werklik by die nasionale oefengroep se sessies ingeval nie, maar sal na verwagting binnekort in klubrugby blootgestel word.

FNB WANDERERS: 15 Warren Ludwig, 14 Nandi Karuuombe, 13 Louis Meyer, 12 Bredell Wessels, 11 Ryan Coetzee, 10 André van der Berg, 9 Jacques Theron, 8 Christo van der Merwe (kaptein), 7 Driaan Vorster, 6 Darius von Solms, 5 Le Beau du Preez, 4 Erik Strauss, 3 Frans van Wyk, 2 Stefan Hattingh, 1 Herschel van Wyk. Reserwes: Dandré Schreuder, Renard Hattingh, Denzil van Wyk, Dano Kotze, Kenan Walters, Keanan van Wyk, Donaville Lebereki.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!