Uncle Bob bly geliefd
Sokker
’n Stewige aantal van meer as 250 vriende van die Sissing-familie het die grafsteenonthulling van wyle Bobby Sissing in Pionierspark bygewoon.
“Uncle Bob” se afsterwe op 79-jarige leeftyd in Julie 2021 was ’n verlies vir sokker in Namibië – ’n saak waaraan hy sy lewe toegewy het.
Rolspelers in die sokkergemeenskap beywer hulle reeds jare dat die Khomasdalstadion na Bobby Sissing vernoem moet word en dié besprekingspunt het tydens die byeenkoms nuwe stukrag verkry. Sy aktiewe rol as politieke aktivis voor onafhanklikwording word ook in hierdie opsig as ’n bydraende faktor gereken.
Die Khomasdal-stadion was tevore net ’n grondveld en Sissing was die man wat gesorg het dat ’n grasveld geplant word en dat die omheining en muur rondom opgerig word, voordat die klubhuis ook later jare gebou is.
Nog een van sy voorliefdes was om sokkerspanne in Khomasdal op die been te bring, soos Maritz United en later Atlanta Chiefs en Arsenal, en dan het hy goeie spelers uit Suid-Afrika gelok om vir sy spanne te speel wat die plaaslike skares se verbeelding aangegryp het.
Uit die huwelik met sy vrou Anna is tien kinders gebore, van wie nege nog leef. Sy nalatenskap kan ook binnekort voortleef met minstens een van sy jong kleinseuns wat na ’n belowende vooruitsig as sokkerspeler lyk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie