Gerhard Janse van Rensburg het ’n onoorwonne vyftigtal vir WHS Old Boys behaal.
Gerhard Janse van Rensburg het ’n onoorwonne vyftigtal vir WHS Old Boys behaal.

United gaps wenpunte teen Old Boys

Klubkrieket
Andrew Poolman
Swaar reënweer het Saterdagmiddag betyds opgedaag om vir Trustco United teen die verwagting in ’n tuisoorwinning teen Ceiling Centre WHS Old Boys in Krieket Namibië se 50-beurt premierliga te help verseker. Vir ’n klubspan met so ’n wêreldklas kolflys, het Old Boys ’n bra ondergemiddelde totaal van 184 almal uit opgestel nadat hulle vroeë paaltjies verloor het en op deurslaggewende oomblikke nie die kalmte aan die dag kon lê om te konsolideer nie. Dickson Vambe (2/46 in 8) het vir Craig Williams (19 van 21 balle) op sy paaltjies laat speel, voor hy twee balle later ook vir Zane Green (15 van 13 balle) agter die paaltjies deur JW Visagie laat uitvang het. JP Kotzé (2 van 11 balle) is geboul toe hy by ’n aflewering van Lo-han Louwrens (1/44 in 44 in 7) verby gestap het. Gerhard Erasmus is uitgehardloop vir 23 van 19 balle, Malan Kruger is op 19 van 22 balle uitgevang en die gevaarman Ruben Trumpelmann kon dié keer net 8 van 11 balle bydra. Die jong Gerhard Janse van Rensburg het as nommer sewe vasgeskop vir ’n goeie onoorwonne vyftigtal (53* van 58 balle, 5x4 1x6) saam met die stertkolwers wat deur Michael van Lingen (3/27 in 7.3) en Damon Coetzee (3/41 in 8) uitgehaal is. United se lopiejaagtog was op koers danksy Lo-han Louwrens (37 van 52 balle, 3x4 2x6) en Adam Bassingthwaighte (36 van 85 balle, 1x4). Spankaptein Louwrens is op die grens uitgevang en Michael van Lingen is met sy eerste bal deur paaltjiewagter Zane Green vir 0 uitgevang. JW Visagie is ook vir 12 uitgevang met United op 91/3 ná 27 boulbeurte, maar toe die seile teen die reënweer hierna oor die kolfblad getrek moes word, was geen verdere spel moontlik nie en volgens die Duckworth Lewis metode het United danksy sy staande paaltjies met ses lopies gewen. • Vir die onoorwonne Samsung Wanderers kon geen bal geboul word in sy tuiswedstryd teen MR24/7 Welwitschia onderaan die puntelys nie. ’n Nat kol weens ’n sproeier wat oop gelaat is, het die veld onspeelbaar gemaak. Beide spanne kry dus twee ligapunte vir die onbesliste wedstryd.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!