United sal alles gee om Wanderers te onttroon
Klubrugby
Vir die premierliga-eindstryd het die twee afrigters hul suksesvolle kerngroepe behou.
’n Aksiebelaaide naweek vol drama, spanning en opwinding is vir rugbyliefhebbers gewaarborg, met die land se nasionale skoleligas wat vandag hul halfeindstryde bereik, terwyl die senior klubfinale ook môre by die Hage Geingob-stadion beslis is.
’n Taai uitdaging staar môre die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierligakampioen FNB Wanderers in die gesig met sy aartsvyand Trustco United wat sy lippe aflek om soos in 2019 en 2014 weer koning op die plaaslike toneel te kraai.
Wanderers en United het beide net minimaal verander aan hul wenspanne wat in die halfeindstryde onderskeidelik vir FNB Rehoboth en FNB Kudus uitgeskakel het.
Wanderers het vir die tweede seisoen op ’n streep boaan die puntelys klaargemaak en het onder meer hul tuisderby teen United met 33-30 gewen. Die Wit Hingste het onoorwonne gebly (met twee gelykoptellings, teen Rehoboth en Kudus) totdat hulle in tweede ronde by United se veld met 38-46 geklop is.
Wanderers se opmars in die premierliga is behaal sonder insette van sy lede van die Wêreldbekergroep wat vandeesweek na Frankryk vertrek het, naamlik André van der Berg, Jacques Theron, JC Greyling, Danco Burger en Obert Nortje (feitlik net laasgenoemde het vanjaar enigsins vir die klub gespeel).
Van der Berg was die held van laasjaar se triomfantelike eindstryd teen FNB Unam, met 23 punte in die sege met 51-31. Weens nasionale diens en ’n besering moes die losskakel se plek vanjaar gevul geword het, terwyl Denzo Bruwer (na ’n klub in Pole) en die flank Thomasau Forbes (na ’n klub in Hongkong) ook weg is.
United het in 2022 sewende uit die agt klubs geëindig, maar het onder Robbie Dickson se afrigting weer in ’n gedugte span ontwikkel, wat sake vir Dirk Human se kombinasie vuurwarm gaan maak.
Losskakel Hanreco van Zyl se vlugvoetigheid en bewese rekord in groot wedstryde is maar net een faktor waarvoor Wanderers lugtig sal moet wees. Van Zyl het met twee drieë en ’n skepdoel grootliks bygedra tot die spannende uitskakeling van Kudus in die halfeindstryd, met 28-27, waarin Renier Benade se strafskop van die middelkol af die wenpunte net voor die eindfluitjie was.
Benade se broer Reinold se terugkeer as vleuel ná ’n besering is die enigste verandering aan United se agterlyn wat teen Kudus gespeel het.
DIE SPANNE
FNB Wanderers: 1 Herschell van Wyk, 2 Dandre Schreuder, 3 Ignus Tripodi, 4 Jakanjomoku Ortner, 5 Sheron Rossouw, 6 Darius von Solms, 7 Anton Steenkamp (kaptein), 8 Driaan Vorster, 9 Reben Botha, 10 Eugene Jantjies, 11 Armand Kotze, 12 Niel Holtzhauzen, 13 Danie van der Merwe, 14 Nandivatu Karuuombe, 15 Warren Ludwig.
Reserwes: 16 André Rademeyer, 17 Iyambo Tshuuya, 18 Rainer Augustyn, 19 Johan Meyer, 20 Bredell Wessels, 21 Tolley Tjipute, 22 Zian van Wyk.
Trustco United: 1 Jano Otto, 2 Gerhard Thirion, 3 Johan Brockman, 4 Zander Bronkhorst, 5 Hanno Husselman, 6 Feddy Mazila, 7 Thehard Lintvelt, 8 Dean Blom, 9 Jahno du Plessis, 10 Hanreco van Zyl, 11 Christo Gresse, 12 JD Nel (kaptein), 13 Jandre Esterhuizen, 14 Reinold Benade, 15 Renier Benade.
Reserwes: 16 Arnu Gouws, 17 Richter Steenkamp, 18 Leon Mutonga, 19 Oupa Iilonga, 20 Pierre Lambert, 21 Moranzel Strauss, 22 henry Kandjou, 23 Mbiri Mbai.
UITGESAAI
Al die eindstryde môre in die Hage Geingob-stadion sal regstreeks deur NTV se produksiespanne uitgesaai word (op NTV se kanaal / die Facebook-blad van Republikein en Erongo en Sport Wrap)
NRU Vrouefinaal, Unam Steenbokkies v United Gemsbokkies, 11:00.
NRU Eersteligafinaal, Mariental tn Etosha Leeus, 12:30.
NRU Reserweligafinaal, FNB Grootfontein II tn FNB Kudus II, 14:15.
NRU Premierligafinaal, Trustco United I tn FNB Wanderers I, 16:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie