Graham April, kaptein van ’n onervare FNB Unam-span. Foto Andrew Poolman
Graham April, kaptein van ’n onervare FNB Unam-span. Foto Andrew Poolman

United teen Unam lewer altyd ’n riller

Klubrugby
Andrew Poolman
Trustco United se status as huidige voorloper in die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga maak sy tuiswedstryd teen FNB Unam selfs nog ’n bietjie meer prikkelend as gewoonlik.

Die Filistyne kry te make met ’n Unam-span wat om verskeie redes in ’n herboufase is en wat hom tans in die vyfde posisie bevind. Unam-ondersteuners sal gretig wees om te sien of die span se kurwe van hier af boontoe of ondertoe gaan wys.

Afrigter Robbie Dickson sit sy werk voort met United se eerste span wat in 2019 kampioene was, verlede jaar aan die onderpunt klaargemaak het (net 2 gewen uit 14) en nou oënskynlik weer sy vuis begin bal.

Die tweede spanne open sake om 18:30 in die NRU reserweliga, voor die premierliga-bulle om 20:15 opdraf.

TRUSTCO UNITED: 1 Jano Otto, 2 Gerhard Thirion, 3 Johan Brockmann, 4 Zander Bronkhorst, 5 Leon Mutonga, 6 Feddy Mazila, 7 Eloff du Plessis (kaptein), 8 Dean Blom, 9 Jahno du Plessis, 10 Hanreco van Zyl, 11 Edgar Beuthin, 12 JD Nel, 13 Christo Gresse, 14 Moranzel Strauss, 15 Renier Benade.

Reserwes: Arnu Gouws, Richter Steenkamp, Hanno Husselman, Thehard Lintvelt, Kristopher Peacock, Jandre Esterhuyzen, Doctor Andreas.

FNB UNAM: 1 Graham April (kaptein), 2 Venaje Tjiroze, 3 Simon Kanime, 4 Bjorn Kazondunge, 5 Brandon Ortner, 6 Abraham iilonga, 7 Berry Gande, 8 Roaldo Rittmann, 9 Myles Isaacks, 10 Aljarreau Zaahl, 11 Shareave Titus, 12 Raschano van Rooi, 13 Peace Shimwino, 14 Paulus Hangula, 15 Damian van den Ross.

Reserwes: Jaden Jeffery, Earl Ndinda, Carlito van Neel, Mbimbo Mbai, Tjipe Tjatuuapo, Keanan Januarie, Hatago Nunuhe.

OP WALVISBAAI

Die terugkeer van Chad Plato vanaf die reserwebank kan een van die troefkaarte vir FNB Kudus in sy tuiswedstryd teen FNB Western Suburbs môre in die Jan Wilken-stadion op Walvisbaai wees.

Plato (25) was in 2019 straks dié mees opspraakwekkende insluiting in die Wêreldbekerspan na Japan, veral bo die nasionale rekorddriedrukker Chrysander Botha. Die jong regtervleuel het egter sy stempel afgedruk met ’n drie teen Italië (en ’n aanleidende rol in Damian Stevens se drie) en ’n oorwegend stewige vertoning teen die Springbokke se Makazole Mapimpi.

Met sy borrelende selfvertroue, hardlooplyne en flinke voetwerk is Plato ’n spelskepper wat opnuut kan wys dat hy minstens in die Welwitschias-groep hoort en vir die Julie-toetse oorweeg behoort te word. Hy het die afgelope maande weens ’n skouerbesering min speeltyd gehad.

Suburbs se afrigter Jacky Bock sê die Khomasdallers verkeer onder geen illusies dat niemand sommer maklik wenpunte op Walvisbaai gaan haal nie.

WESTERN SUBURBS: 1 Hilwen Fourie, 2 Vernon Diergaardt (kaptein), 3 Andrew Shikonene, 4 Diamando Tjombe, 5 Fidel Micolleney, 6 Kennith Seibeb, 7 Viery Haufiku, 8 Richard Mapewa, 9 Bronwon Willemse, 10 Justin Nel, 11 Gino Wilson, 12 Dylan Izaaks, 13 Morgan Esterhuizen, 14 Demarcho Hartung, 15 Ricardo Swartz.

Reserwes: Victor Augustinus, Aleck Botha, Vakomboka Kamboo, Dhale Cloete, Zachery Eiman, Ethan Beukes, Jayden Links.

OP GROOTFONTEIN

Die diepte van FNB Wanderers se agttal word ietwat beproef, maar gemeet aan vorige naweke se teleurstellende vertonings van FNB Grootfontein sal die Windhoekers steeds mik om volpunte op te stapel.

Grootfontein tuis kan heel ’n ander gedierte as sy reisende spanne wees, terwyl die noordespan se trots ook aangetas kan word deur sy huidige onderste posisie van die agt spanne.

Vir Wanderers is die slotte Brandon Nortje (beseer) en Francois Jones (opgeroep na Welwitschias), hakers Darius von Solms (werk), Franko Pearson (werk) en Dandré Schreuder (tandoperasie), asook losvoorspelers NG Swart (verhuis na Gobabis) en Driaan Vorster (werk) nie vir die reis noorde toe beskikbaar nie.

Denzo Bruwer is nietemin terug in die 15-trui en bring sy skopvermoë om enige span in die hoeke vas te druk.

FNB WANDERERS (voorlopig): 1 Christiaan Henning, 2 Ferrie Beukes, 3 Chris Swanepoel, 4 Johan Meyer, 5 Johandre Dege, 6 Pierre Venter, 7 Sheron Rossouw, 8 Anton Steenkamp, 9 Danie van der Merwe, 10 DJ Holtzhausen, 11 Warren Ludwig, 12 Kian Fransman, 13 Niel Holtzhausen, 14 Nandivatu Karuuombe, 15 Denzo Bruwer, Reserwes: Riaan de Klerk, Ignus Tripodi, Iyambo Tshuuya, Innocent Kakumai, Armand Kotze, Bredell Wessels, Ryan Coetzee.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!