United vereer o.20-stut Jano
Rugby
Die stut Jano Otto is as sportman van die jaar aangewys toe Trustco United sy jaareindfunksie en prystoekennings vir die 2022-seisoen afgehandel het.
Otto was die enigste speler van die Filistyne wat vanjaar vir die Namibiese toer na Frankryk gekies is, waar die nasionale span sy kontinentale uitdagers Zimbabwe en Kenia uitgeskakel het in die wedloop om vir volgende jaar se Wêreldbeker te kwalifiseer. Die oudskolier van WHS en Windhoek Gimnasium wat sy laaste twee skooljare by Walvisbaai Privaat Hoërskool voltooi het, is in al drie toetse van die reserwebank af opgestuur.
Vroeër in die seisoen was Otto ook in die nasionale o.20-span wat in Nairobi met die silwermedalje in die Rugby Afrika Barthes-toernooi tevrede moes wees ná ’n goeie oorwinning teen Kenia en ’n teleurstellende nederlaag teen Zimbabwe in die finaal.
Die o.20-toerkaptein en skrumskakel Oela Blaauw, wat die afgelope seisoen by FNB Wanderers begin en later na United oorgeskuif het, is saam met Otto ingesluit in die nuutste nasionale spelersgroep vir die vriendskaplike tuiswedstryd teen Griekwas (5 November) en moontlik ook die daaropvolgende Europese toer wat toetse teen Spanje en Kanada sal insluit.
Die afgelope seisoen was nie een van United se bestes nie (sewende uit agt spanne in beide die NRU premierliga en reserweliga), maar onder afrigter Robbie Dickson het die Filistyne met ’n jong spelersgroep die grondslag begin lê om volgende jaar ’n sterker aanslag te loods. Die bloues was in 2019 kampioene in die premierliga.
United se ander individuele pryswenners vir 2022 was:
Meeste drieë in die NRU premierliga: Eloff du Plessis (haker of flank) en JD Nel (senter), vyf elk.
Speler van die jaar: Eloff du Plessis.
Beste verdediger: “Oupa” Panduleni Ilonga (losvoorspeler).
Mees toegewyde speler: Felix Humphries (skrumskakel).
Klubman van die jaar: Janus van den Berg (heelagter/vleuel).
Beste senior vordering: Pieter Janse van Vuuren (skrumskakel).
Beste junior vordering: Thehard Lintvelt (slot/flank).
Mees waardevolle speler vir die tweede span: Theo Bekker (stut).
Beste voorspeler vir die tweede span: John Nangolo (flank/slot).
Beste agterspeler vir die tweede span: Doctor Andreas (vleuel).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie