Usko Rehabeam (links) ontvang 'n lesing van Hedison “Bulelo” Nghipondoka hoe hy uitgeslaan gaan word. Foto Tielman van Lill
Usko Rehabeam (links) ontvang 'n lesing van Hedison “Bulelo” Nghipondoka hoe hy uitgeslaan gaan word. Foto Tielman van Lill

Usko, Bulelo bekkig voor ontmoeting

Boks
Hoewel Flame Nangolo en Johnny Herman vir die hoofgeveg deur die toue klim, is dit eerder Usko teen Bulelo wat die ondersteuners se tong laat klap.
Tielman Van Lill
Die Rising Stars-bokstoernooi môreaand vanaf 19:00 by die NamPower-saal in Windhoek, gereël deur Imms “AC” Moses, het net die regte resep beklink met ’n voorgeveg tussen Usko Rehabeam en Hedison “Bulelo” Nghipondoka wat reeds die tonge laat klap.

Dié botsing oor tien rondes in die weltergewigafdeling (66.68 kilogram) sal die volgepakte saal op hul voete hê.

Die lenige Rehabeam (5 oorwinnings, 1 gelykop, 1 verloor, 1 uitklophou) en Nghipondoka (4 gewen, 6 verloor) van Ondangwa is klaarblyklik lankal lus vir mekaar.

Nghipondoka reken sy teenstander gaan kanonvoer vir hom wees.

“Ek hoor die klein spaghetti-seuntjie van Windhoek wil teen my baklei. Ek dog eers nee, die Boksbeheerraad kan mos nie die geveg goedkeur nie. Ek wil mos nie die seun se lewe in gevaar stel nie. Maar as die raad dit goedgekeur het, kan ek niks daaraan doen nie,” het Nghipondoka vroeër vandeesweek gesê toe hy sy teenstander ’n pynlike pak slae beloof het.

“Ek gaan jou ribbekas uitmekaar haal. Ek gaan jou al om die middellyf sag maak voor ek jou uitslaan. Ek is veel meer honger vir ’n oorwinning as jy, spaghetti-seuntjie. Ek gaan jou laat val, ek gaan jou hard laat val.”

Rehabeam het droogweg sy opponent na sy eie rekord as beroepsvegter verwys. Hoewel Nghipondoka vier gevegte gewen het, was almal met punte, sonder ’n enkele uitklophou.

“Ek is reg vir jou. Het jy al iemand uitgeslaan? Dit sit nie in jou vuiste om enigiemand plat te slaan nie, wat nog te sê van uitslaan,” het Rehabeam opgemerk.

In die hoofgeveg kom ’n ietwat onervare John Herman (3 gewen, 2 verloor) teen die belowende Flame Nangolo te staan. Die 22-jarige Flame (9-0, een uitklophou) is die Afrika-boksunie (ABU) se huidige superveergewigkampioen.

Hy en sy promotor Moses is beide gaande oor die “Special One” se blink vooruitsigte en spesiale vaardighede van ontwyking en punte-insameling, ondanks sy lae koers van uitklophoue (net een in nege oorwinnings).

DIE PROGRAM vir die aand (al die boksers is van Namibië):

1 Vlieggewig (50.80 kg) 4 rondes: Jonathan Kasheeta (0-1) teen Tobias Amunyela (0-1).

2 Liggewig (61.24 kg) 6 rondes: Johannes Andreas (2-0) tn Paulus Morgan (2-2).

3 Liggewig 6 rondes: Robert Ndalelwa (1-1) tn Lamanguluka Nghafikwa (1-1).

4 Liggewig 6 rondes: Hafeni Ngesheya (4-0) tn Steven Shilomboleni (0-4).

5 Liggewig 6 rondes: Ruaan Rispel (5-0) tn Sakaria Kadjambanga (0-1).

6 Weltergewig 10 rondes: Usko Rehabeam tn Hedison Nghipondoka.

7 Superveergewig (58.97 kg) 10 rondes: Flame Nangolo tn John Herman.

Kaartjies by die NamPower-saal sal by die deur te koop wees. Normale toegang beloop N$200, of N$10 000 vir ’n tafel vir tien gaste.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!