Wilro Dippenaar sal opnuut die Omaruru Shell V-Power-tydren gebruik om nasionale kampioenskapspunte in te samel. Foto Verskaf
Wilro Dippenaar sal opnuut die Omaruru Shell V-Power-tydren gebruik om nasionale kampioenskapspunte in te samel. Foto Verskaf

V-krag skakel eerste byeenkoms aan

Tydrenne
Tielman van Lill
Die 2022 Omaruru Shell V-Powertydren word komende Saterdag op en om dié dorp in die Erongostreek aangebied.

Die tydren word oor altesaam sewe spesiale sneltrajekte (SS) met ’n totale afstand van 110.1 kilometer beslis. Die tydren begin om tienuur die oggend by die Shell-vulstasie, met die eerste span wat om 10:05 vir die eerste trajek sal wegspring.

Mnr. Dippies Dippenaar, voorsitter van die Redline-motorklub in Windhoek wat die tydren aanbied, het aan Republikein gesê: “Ons verwelkom graag al die borge, deelnemers en toeskouers by die tweede Shell V-Power tydren.

“Ek wil mnr. Edward Walumgembe, besturende direkteur van Vivo Energy Namibia, vir sy geloof in Redline bedank om die tweede kompetisie te reël en te bemark.

“Met Shell V-Power agter ons kan Redline ons passie uitleef. Redline is opreg dankbaar vir die band tussen ons en Vivo Energy. Met Shell V-Power se steun het ons vir vyf jaar die Cattle Country-tydren op Gobabis gehou en vanjaar is die tweede keer dat Omaruru aan die beurt kom. Dit is sewe dankbare jare.

“Ek is oortuig dat vanjaar se byeenkoms selfs ’n groter sukses as 2021 sal wees.”

Die sewe skofte is só uiteengesit:

10:05: SS 1 (MX 1) 6.89 km.

10:23: SS 2 (Pika Long 1) 18.87 km.

11:46: SS 3 (Railway 1) 23.93 km.

12:51: SS 4 (MX 2) 6.89 km.

13:09: SS 5 (Pika Long 2) 18.87 km.

14:42: SS 6 (Railway 2) 23.93 km.

15:45: SS 7 (Pika Short) 10.74 km.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!