Vaardig in sport en die lewe
Die Casa-jeugstigting, met die Champion-rugbyakademie as sy vennoot, streef om fisieke opvoeding in skole te bevorder en het tydens die huidige skoolvakansie vir kinders by die Hope Village sportverwante funksionele fiksheidsaktiwiteite aangebied. Die aanbieders hoop om voortaan na soveel as moontlik skole uit te reik. Rugby is een van die sportkodes waarin die kinders aan vaardigheidsoefeninge blootgestel word. Die ontwikkeling van liggaam en verstand, asook die oordrag van lewensvaardighede deur sport is verdere strewes van die uitreiking. Die Casa-jeugstigting kan by 081 274 0435 bereik word, of Champion-rugbyakademie by 081 389 9613, asook op Facebook en Twitter. Voornemende vennote of borge word verwelkom. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie