Valke eerste in skolespan se pad
Skolerugby
Die Namibiese skolerugbyspan is oorgehaal om vanoggend die eerste deel van sy verklaarde missie in Johannesburg af te handel.
Die o.18 Akademieweek begin vandag by Jeppe’s Boys High School in Johannesburg en die Namibiërs open hul aanslag om 10:00 teen die Valke.
Nadat Namibië vanaf 1964 tot 2016 aan die o.18 Cravenweek deelgeneem het en toe in ’n eensydige besluit saam met vier ander unies uitgelaat is, is die span onder afrigterskap van Herman Grobler van Walvisbaai Privaatskool vasberade om vandag, môre en Donderdag met oortuigende oorwinnings die motivering te versterk dat die buurland hom weer tot die topkompetisie van provinsiale skolerugby moet hertoelaat.
Die Akademieweek word tradisioneel gereken as die volgende beste vlak, wat dikwels vir o.16- of o.17-spelers die grondslag lê voor die daaropvolgende jaar se Cravenweek.
Die agtsteman van Windhoek Affies, Ben Burger, is as die kaptein van die Namibiese o.18’s aangewys, met sy onderkaptein die binnesenter van Windhoek Gimnasium, Stefan Gildenhuys.
Vanoggend se wedstryd (afskoptyd 10:00) teen die Valke word regstreeks op https://live.supersportschools.com vertoon.
Op die trui word al die span se borge gelys, naamlik die Ohlthaver & List-groep, Fresh Produce, Pupkewitz Megabuild, Uitkoms Boerdery, Waltons, Intu Africa Kalahari Reserve & Lodges, Auas Motors, Autohaus Swakopmund, YUM YUM en Sanlam.
Die Namibiese span: 15 Antua Klein (Walvisbaai PS), 14 Jurgen Meyer (WHS), 13 Van der Merwe Tromp (Whk Affies), 12 Stephan Gildenhuys (Whk Gim), 11 Sammy Sobramoney (WHS), 10 Michael Koopman (Walvisbaai PS), 9 J.D. Rossouw (Walvisbaai PS), 8 Ben Burger (kaptein, Whk Affies), 7 Zack von Wielligh (Whk Gym), 6 Markus Meyer (Elnatan), 5 JP Campbell (Swakop Christian Academy), 4 Walter Otto (Whk Affies), 3 Herman Gous (Whk Gim), 2 Delano van der Berg (Whk Affies), 1 Joshua Bester (WHS).
Reserwes: 16 Hendré Schrader (Whk Gim), 17 Gianluca Savoldelli (Whk Affies), 18 Daniel du Toit (Whk Gim), 19 Henry Otto (WHS), 20 Ruan Agenbach (Whk Gim), 21 Alejandro Morkel (WHS), 22 Waldré Kotze (Whk Gim), 23 Xavier Mouton (Walvisbaai).
Afrigters: Herman Grobler (Walvisbaai PS), JT Basson (Whk Affies), Fernaldt Bock (Dr. Lemmer). Spanbestuurder: Gert de Waal (DHPS).
ONDER 13’s
In Pietermaritzburg het die Namibiese laerskoolspan Vrydagoggend sy deelname aan die onder 13 Cravenweek met hul vierde wedstryd teen die Griffons afgesluit.
Beserings in van die span se vorige drie wedstryde het bygedra tot die onoortuigende vertoning teen die Griffons, wat met 49-5 baas was. Die Noord-Vrystaters was rustyd reeds met 28-0 voor.
Die Namibiërs was teen Grens Platteland aan die wenkant (28-12), maar Oostelike Provinsie was met 38-0 te sterk en Zimbabwe het hulle met 24-13 geklop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie