Van Schalkwyk en Lintvelt bespreek plek in Wêreldfinaal in Spanje
Gholf
Die gholfklubs van Omeya en die Windhoek Buiteklub het die naweek met trots die nasionale eindrondte van die 2022 Windhoek Lager Internasionale Parespeltoernooi aangebied.
Andrew van Schalkwyk en Hein Lintvelt, beide van die Swakopmundse klub Rössmund, het met die groot prys weggestap waarvoor almal meegeding het.
Die wenpare van 38 deelnemende lande sal vanaf 14 tot 18 November aan die Internasionale Parespel se wêreldfinaal in Spanje gaan meeding.
Die 2022 wêreldfinaal sal die grootste in sy geskiedenis wees. Die Namibiese wenners van 2020 (Edwin Kutara/Lebeus Kangandjela) en van 2021 (Bertus Damon/Hylton Villet en Brenda Lens/Lydia Lumley) sal by vanjaar se wenners aansluit vir die reis na Spanje. Die 2020, 2021 wêreldfinale kon vanweë die pandemie nie gespeel word nie.
Die uitslae van die naweek se Namibië WLIP-eindrondte was soos volg:
1 Andrew van Schalkwyk en Hein Lintvelt (Rössmund, 90 punte)
2 Walter Heibeb en Terus Burger (Tsumeb, 89)
3 Johannes Xoagub en Lukas Hamata (Windhoek, 88 uittel)
4 Milton Eiseb en Joseph Martin (Windhoek, 88)
5 Pieter Fox en Rocco Viljoen (Walvisbaai, 85
6 Dina Holtzhausen en Douglas Holtzhausen (Omeya, 84
7 Phillipus Bredenhann en Wilma Bredenhann (Hentiesbaai, 83)
8 Christian Li en Justus Amutenya (Windhoek, 83)
9 Barend Maritz en JJ Jacob Dreyer (Mariental, 83)
10 Jan van Wyk en Fanie Oosthuizen (Windhoek, 82)
10 Festus Shetukana en Frans Katjimune (Grootfontein, 82)
12 Alaric Britz en Alroy Schumann (Omeya, 82)
12 Chris Claassen en Ernst Nitschke (Omeya, 82)
14 Gert Lambert en Gert Lamprecht (Omeya, 82)
15 Kevin Wentzel en Willie van Zyl (Walvisbaai, 82)
Me. Claudia Oppermann, namens Windhoek Lager, en mnr. Hugh Mortimer van die Internasionale Parespel-franchise het by die prysoorhandiging die wenners gelukgewens en al die rolspelers agter die skerms bedank, terwyl die gehoor met ’n optrede deur die sanger Riaan Smit vermaak is.
Alle gholfklubs het ’n warm waardering uitgespreek teenoor Windhoek Lager vir sy volgehoue ondersteuning om die reeks moontlik te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie