Van Tonder (16) blink in spansege teen Proteas
Hengel
Spanne van die Namibiese Ligtegereiboot Varswaterhengelvereniging het einde laasjaar tydens die Sone 5-kampioenskap by Hardapdam teen die Suid-Afrikaanse Proteas kragte gemeet.
Die Namibiese o.16-hengelaar Pedri van Tonder, wat die kompetisie as tophengelaar gewen het, verdien staande applous vir sy besondere prestasie.
Die kompetisie van bote met ligte hengelgerei is deur twee oefendae voorafgegaan alvorens die hengelaars mekaar oor drie dae gepak het. Die vis het goed geloop en die gasheerspanne kon elke afdeling inpalm met die topdrie individuele posisies asook topdrie bote in hul guns.
Die voorste uitslae van die individue:
Senior mans: 1 Rudy Horn, 2 Dewald du Rand, 3 Devin Klein (almal Namibië).
Topmeesters: 1 Ettienne Coetzee (NAM), 2 Ronnie Groenewald (Suid-Afrika), 3 Hakkie Horn (NAM).
O.21: 1 Janco van Tonder (NAM), 3 Jordan Botes (RSA), 3 Dina-Marie Binneman (NAM).
O.16: 1 Pedri van Tonder, 2 Kian du Plessis (beide NAM), 3 Keagan Marriot (RSA).
Vroue: 1 Bonita Horn, 2 Schané Junius (beide NAM), 3 Wendy Strydom (RSA).
ALGEHEEL: 1 Pedri van Tonder, 2 Rudy Horn, 3 Dewald du Rand.
SPANNE
Mans: 1 Namibiese seniors, 2 Namibiese Presidentspan, RSA Presidentspan.
Meesters: 1 Namibië, 2 RSA.
O.21: 1 Namibië, 2 RSA.
O.16: 1 Namibië, 2 RSA.
Vroue: 1 Namibië, 2 South African Light Tackle Boat Angling Association, 3 RSA.
Topbote: 1 Ma se Kind (NAM o.16’s), 2 Sonic (NAM vroue), 3 Thunder Junior (NAM seniors).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie