Vasbeslote om Zim te bêre
Rugby
Geen kanse is gewaag in die samestelling van Namibië se beste beskikbare kombinasie nie.
Zimbabwe het ’n uiters droewige rekord in toetsrugby teen Namibië, maar afrigter Allister Coetzee het geen twyfel dat sy span vanaand op hul heel beste sal moet wees in hul allerbelangrike Wêreldbeker-uitdunwedstryd in Aix-en-Provence in die suide van Frankryk nie.
Uit 32 toetse sedert 1990 kan Zimbabwe sy oorwinnings teen Namibië op drie vingers tel, met die laaste een in Julie 2001, kort voor die 9/11 terreuraanvalle op New York.
Vier jaar gelede het Johan Deysel en sy manne in Bulawayo die WB-uitdunwedstryde met dertig punte beklink (58-28), voor hul ewe gemaklike sege met 41-10 laas November op Stellenbosch ná Coetzee se oorname as afrigter.
Vanjaar het die Sables onder afrigterskap van Brendan Dawson egter (in Namibië se afwesigheid) aan die Curriebeker eersteliga meegeding en drie uit hul nege wedstryde gewen – met 22-21 teen Kenia Simbas op Ceres; met 23-22 teen Boland Kavaliers in Valsbaai, en met 18-8 teen Grens Bulldogs in Mdantsane.
Die Sables het ook Vrydag met baie selfvertroue verby die Ivoorkus gevorder (38-11).
Coetzee het gister gesê: “Ons voorbereiding was baie goed en ek is tevrede met die fokus en die geestelike ingesteldheid. Die manne besef hulle speel teen ’n veel beter georganiseerde span wat reeds vir vier maande saam op toer is – so, ons sal op ons heel beste moet wees.
“Die belyning en duidelikheid in ons strategie is baie belangrik, maar ons het aandag aan al die details gegee. Ons het ’n fikse span met baie beweeglikheid in die agttal wat steeds kan domineer.
“Ewe belangrik is ons dissipline, om geen onnodige strafskoppe handhaaf en ook nie van ons planne van stryk gebring word nie. Ek voel baie positief oor die span se leiersgroep en vele ander aspekte van ons voorbereiding.”
VOLSTERKTE
Die ervare Johan Deysel keer terug as kaptein van ’n volsterkte Namibië vir die deurslaggewende semifinaal van Rugby Afrika se kwalifiserende toernooi vir die 2023 Wêreldbeker in Frankryk.
Deysel, wat vir die Franse klub Colomiers speel, keer terug ná enkele dae verlof om die geboorte van sy dogtertjie Hailey Grace kort ná middernag gisteroggend, wat meegebring het dat hy afgelope Vrydag se sege met 71-5 teen Burkina Faso misgeloop het.
Die energieke haker Torsten van Jaarsveld het as waarnemende kaptein ’n bulvertoning gelewer en drie drieë gedruk.
Die insluiting van die gedugte flankpaar Janco Venter (Saracens), wat laas naweek ’n ruskans gegee is, en Wian Conradie (New England Free Jacks, VSA) sal die intensiteit en werkvermoë van die Namibiese agttal verder verhoog.
Die slotpaar en broers Ruan en Adriaan Ludick maak ook plek vir Johan Retief (Griekwas) en die 38-jarige veteraan van drie Wêreldbekers, Pieter-Jan van Lill (Valence Romans, Frankryk).
In die agterlyn verskuif Divan Rossouw (Leeus) van linkervleuel na heelagter, in die plek van Lorenzo Louis wat twee drieë teen Burkina Faso gedruk het, terwyl die 11-trui oorgeneem word deur Gerswin Mouton (Wits Universiteit), wat laas naweek sy toetsdebuut van die bank af gemaak het.
Die Namibiese span: 15 Divan Rossouw, 14 JC Greyling, 13 Johan Deysel (kaptein), 12 Danco Burger, 11 Gerswin Mouton, 10 Cliven Loubser, 9 Damian Stevens, 8 Adriaan Booysen, 7 Janco Venter, 6 Wian Conradie, 5 Johan Retief, 4 Pieter-Jan van Lill, 3 Aranos Coetzee, 2 Torsten van Jaarsveld (onderkaptein), 1 Desiderius Sethie.
Reserwes: 16 Louis van der Westhuizen, 17 Jano Otto, 18 Jason Benade, 19 Ruan Ludick, 20 Prince !Goaseb, 21 Helarius Kisting, 22 PW Steenkamp, 23 Alcino Izaacs.
Zimbabwe: 15 Tapiwa Mafura, 14 Shayne Makombe, 13 Matthew McNab, 12 Takudzwa Cheiza, 11 Shingirai Katsvere, 10 Marcus Nel, 9 Hilton Mudariki (kaptein), 8 Nyasha Tarusenga, 7 Tapiwa Tsomondo, 6 Jason Fraser, 5 Godfrey Muzanargwo, 4 Sean Beevor, 3 Cleopas Kundiona, 2 Matthew Mandioma, 1 Tyran Fagan.
Reserwes: Liam Larkan, Victor Mupunga, Bjornwell Gwinji, Godwin Mangenje, Kelvin Kanenungo, Kyle Galloway, Takudzwa Musingwini, Chibuwe Ngoni.
Die wedstryd (afskoptyd 21:00, regstreeks op SuperSport Rugby) word voorafgegaan deur die eerste semifinaal om 18:00 tussen Kenia en Algerië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie