Veggees teen Uruguay beproef

WB-rugby
Uruguay is gemotiveerd om nie sy goeie toernooi sover ongedaan te maak nie.
Andrew Poolman
Die geskiedenis is aan Uruguay se kant, met vier oorwinnings en een nederlaag teen Namibië in toetsrugby, hoewel die gekweste Namibiese span vasbeslote is om vanaand sy kans aan te gryp en een van die mees gedenkwaardige skokke van die Wêreldbeker te lewer.

Met die bevestiging gister dat ’n tugkomitee die senter Johan Deysel ’n skorsing van vyf wedstryde opgelê het vir sy rooi kaart teen Frankryk, asook die gevoelige afwesigheid van die beseerde Divan Rossouw, Johan Retief en Wian Conradie, sal daar min buitestanders wees wat reken Namibië het ’n realistiese kans om sy veelbesproke droogte in oorwinnings by sewe Wêreldbekers te verbreek.

Die agterlynafrigter Chrysander Botha het op ’n nuuskonferensie gesê die ingesteldheid om teen ’n ander Vlak 2-rugbyland te speel, verskil van die vorige weke teen die swaargewigte Italië, Nieu-Seeland en Frankryk.

“Die hele ingesteldheid is anders. Ons benader die wedstryd as ’n enigste kans. As ons strafskoppe binne trefafstand van die pale kry, sal ons ’n bietjie meer klinies wees. Ek wil nie te veel weggee nie, maar ons het planne.”

Botha, wie se Namibiese drieërekord oortref kan word deur die linkervleuel JC Greyling wat tans gelyk met hom op 28 is, sê die veelsydigheid van Jacques Theron en André van der Berg stel hulle in staat om ses voorspelers as reserwes te kies.

“Ons voel elke posisie is gedek en dit het tevore vir ons gewerk. Dit gaan ’n baie fisieke kragmeting wees en die vaste fasette is van deurslaggewende belang. Uruguay het hul oorheersing in die maalbewegings en verdediging van lynstaandrywe gewys. Indien ons ’n platform in die skrums kan verkry, sal dit ons geleentheid gee om te speel en die bal meer op die aanval te gebruik.

“Ons was gelukkig om reeds vanjaar teen Uruguay te kon speel. Hulle het sedertdien groot verbetering getoon, so dis waar die klem vir ons lê.”

In Uruguay se guns tel ook dat vandag net hul derde wedstryd sover in die toernooi is. Botha erken dat die strawwe program van vier wedstryde binne 18 dae dit moeilik gemaak het om die groep fiks en vars vir dié uitdaging te hou, maar hy reken Namibië stoot nietemin sy beste beskikbare span in die veld.

Die afskoptyd in die Franse stad Lyon is om 17:45.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!