Vegters het Afrika- en wereldkampioenskap in die oog
Gevegkuns
Die Afrika-kampioenskap in Mei in Windhoek behoort die Namibiese span te help slyp.
Namibiese vegters het hul oog op die Internasionale Federasie vir Gemengde Gevegskuns (IMMAF) se Amateurwêreldkampioenskap wat in Oktober vanjaar in Tashkent, Oesbekistan, gehou sal word.
Dit sal die eerste keer wees dat die beheerliggaam van Oesbekistan ’n IMMAF-kompetisie aanbied. Dié nuus is vandeesweek deur Kerrith Brown, president van die IMMAF, in Tashkent, die hoofstad van Oesbekistan, aangekondig.
Oesbekistan se nasionale MMA-span het tydens die 2023 Asiatiese IMMAF-kampioenskap uitstaande vertonings gelewer. Dié land het 20 medaljes in die junior en senior afdelings opgeraap.
Carlos de Sousa van Sousa MMA Studio in Windhoek sê daar sal beslis Namibiese MMA-vegters by die wêreldkampioenskap in aksie wees. Maar wie dit sal wees, sal eers ná die Afrika-kampioenskap aangekondig kan word.
De Sousa sê ongeveer 16 van Namibië se vegters sal in Mei aan die Afrika-kampioenskap deelneem. Uitgesluit is twee van die bekendste plaaslike vegters, Veja Hinda en Geraldo Bok, wat beide intussen die professionele arena vir geldgevegte betree het.
NAMIBIË SE NOMMER EEN
Damian Muller het verlede jaar September in Luanda, Angola, die Afrika-vlieggewigtitel gewen toe hy die gasheerland se Mafuana Mbungo met ’n eenparige beslissing geklop het.
Ongelukkig moes Veja Hinda, die 2022 Afrika-veergewigkampioen en in 2022 Namibiese senior sportman van die jaar, sy titel in Luanda afstaan.
Die Namibiese MMA-span bestaan uit Muller (vlieggewig, 56.7 kg), Ronaldo Feris (weltergewig, 77.1 kg), Nazeem Ullrich (veergewig, 65.8 kg), Jaden Iiyambo (liggewig, 70.3 kg), Quinnservando Malander (liggewig, 70.3 kg), Mandume Kaukungwa (vlieggewig, 56.7 kg), Albert-John Rickerts (ligswaargewig, 93 kg), Herve Zeng (middelgewig, 83.9 kg), Jaco Basson (weltergewig, 77.1 kg), Dean J. Maggott (kapokgewig, 61.2 kg), Festus Djuulume (veergewig, 65.8 kg), Arno Jacobs (vlieggewig, 56.7 kg), Adriano Bock (o.17).
Die Namibiese afrigtingspan is De Sousa (hoofafrigter), Lesley Hoaeb (hulpafrigter), Kenneth Kaunda Muatara (boksafrigter), De Vett Jones (fiksheid), Kevin Vleermuis (stoei-afrigter). Die afrigter vir Thai-boks moet nog bevestig word.
DIE GASHEER
Oesbekistan spog met ’n indrukwekkende MMA-span wat hul land by die wêreldkampioenskap sal verteenwoordig.
Musokhon Ziyadinov (weltergewig), Zafar Rashidov (veergewig) en Mukhlisa Nabijonova (strooigewig, 52.2 kg) is die Asiatiese kampioene wat almal sal poog om hul sukses van die kontinentale verhoog na die internasionale verhoog uit te brei.
Behalwe vir dié lande se kampioene is daar etlike silwer- en bronsmedaljewenners wat ’n titel-afspraak by die wêreldkampioenskap sal wil maak.
Namibië bied van 27 Mei die Afrika-kampioenskap in die hoofstad aan. Die wêreldkampioenskap se kompetisiedatums moet nog vagestel word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie