Vegters slyp vir Belgrado
Gevegsport
Veja Hinda (Afrika-kapokgewigtitelhouer) en Geraldo Bok (Afrika-bronswenner) sal vroeg volgende jaar in Serwië waarskynlik die Namibiese aanslag lei by die Internasionale Federasie van die Gemengde Gevegskunste (IMMAF) se wêreldamateurkampioenskap.
Die Namibiese gevegspan wat ook Eduardo Platt, Damian Muller, Arno Jacob en Ronaldo Feris insluit, word deur Carlos Sousa van Sousa MMA-studios in Windhoek afgerig.
Die Internasionale Gemengde Gevegkunsfederasie (IMMAF) het die aanbiedingsreg vir sy 2022 IMMAF Wêreldamateurkampioenskap aan Serwië toegeken.
Die senior en junior kampioenskappe sal van 12 Februarie 2023 by die moderne en veeldoelige Stark-arena in Belgrado plaasvind.
Die IMMAF-president, Kerrith Brown, het gesê: “Namens die direksie is dit vir my aangenaam om aan te kondig dat ons nou die datum en plek vir die 2022 IMMAF-wêreldkampioenskap het wat ons kompetisiejaar sal afsluit.
“Weens Covid kon ons vir die eerste keer in twee jaar ’n volledige kampioenskap aanbied. Die wêreldkampioenskap beloof om nog ’n volgepakte kompetisiejaar (2023) vir die IMMAF af te skop,
“Ek wens graag die gasheerfederasie geluk met die sukses van hul bod. Ons sien uit daarna om saam met ’n goeie en ervare federasie asook vennote te werk wat nog ’n uitstekende MMA-wêreldkampioenskap beloof.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie