Vera, Alex en Drikus die elite teerpadkampioene

Padfietsry
Die Nedbank nasionale padfietskampioenskap is met groot sukses suid van Windhoek afgehandel.
Tielman Van Lill,Andrew Poolman
Alex Miller het gister die Namibiese elite padfietskampioenskap net-net voor Drikus Coetzee en Martin Freyer in ’n naelrit na die eindstreep opgeraap toe die 2024 Nedbank nasionale padfietskampioenskap op die nuwe A1/B9-hoofweg suid van Windhoek gehou is.

Die 23-jarige Miller, wat sy aandag meestal by bergfietsry bepaal waarin hy tans by Toyota Specialized gekontrakteer is, het reeds een vorige padresiestitel in 2019 op sy kerfstok.

Miller en Coetzee (nasionale padresieskampioen in 2021 en 22 en naaswenner verlede jaar, ná Tristan de Lange) het dieselfde tyd geregistreer, met Freyer 45 sekondes agter hulle.

Miller het agterna gesê die afstand van 122 kilometer was moontlik effens aan die korter kant vir ’n nasionale kampioenskap, maar hy het sterk gevoel.

“Teen die eerste groot opdraand van die eerste baanrondte het ek en Drikus en Kevin Lowe weggebreek en saam gewerk. In die tweede rondte was dit net ek en Drikus voor,” het Miller agterna gesê.

“Ek het ’n paar keer probeer aanval, maar Drikus is ’n ware vegter en hoewel hy hom nie laat afskud het nie, het ek vertroue gehad in my vermoë om vir die finale jaagtog te versnel.

“My benadering was om kort versnellings op strategiese tye in te span en die opposisie moeg te maak, maar Drikus is ewe uitgeslape en vasberade.”

Vera Looser het die padfietstitel by haar tydtoetskroon gevoeg toe sy Melissa Hinz en Anri Greeff (tevore Krugel) uitgestof het.

“Ek en Melissa het in die tweede rondte weggekom, maar teen die laaste steil klim het ek alles gegee huis toe. Ek is bly my planne het uitgewerk,” het Looser gesê.

Volgens haar is dit bevredigend om met dié oorwinning haarself in die gunsteling posisie vir die Olimpiese Spele in Parys te plaas, wat haar derde verskyning behoort te wees.

VOORSTES IN DIE PADRESIES (UCI-KATEGORIEË):

Elite vroue: 1 Looser (2 ure 41 minute 17 sekondes), 2 Hinz (2:43:07), 3 Anri Greeff (2:45:38).

Elite mans: 1 Alex Miller (3:05:00), 2 Drikus Coetzee (3:05:00), 3 Martin Freyer (3:05:45).

Onder 23-vroue: 1 Monique du Plessis (2:50:51), 2 Olivia Shililifa (3:07:43).

O.23-mans: 1 Kevin Lowe (3:05:57), 2 Daniel Hahn (3:07:12), 3 Adrian Key (3:08:01).

Junior vroue: 1 Delsia van Vuuren (2:01:52), 2 Maja Brinkmann (2:01:57), 3 Eden Spangenberg (2:07:30)’

Junior mans: 1 Roger Surén (2:39:12), 2 Justus Beulker (2:39:12), 3 Ethan Brinkmann (2:51:48).

PADRESIESUITSLAE (NIE-UCI-KLASSE)

Subveteraan vroue: 1 Benita Windisch (1:57:39), 2 Silke Bean (1:58:59), 3 Nicola Fester (2:00:03).

Subveteraan mans: 1 Kai Pritzen (2:25:44), 2 Ananias Ananias (2:31:07), 3 Michael Falk (2:31:08).

Veteraan vroue: 1 Marissa Mouton (1:57:39), 2 Nicole Spangenberg (1:57:39), 3 Jana von Backstrom (1:57:41).

Veteraan mans: 1 Marc Bassingthwaighte (2:31:07), 2 Jacques Celliers (2:31:07), 3 Marcel Suren (2:31:08).

Meester vroue: 1 Anneke Steenkamp (00:55:13), 2 Elanor Grassow (00:57:12), 3 Marion Himmel (1:03:39).

Meester mans: 1 Hans du Toit (1:39:39), 2 Clinton Hilfiker (0:39:41), 3 Nick du Plessis (1:41:25).

Grootmeester vroue: 1 Karin Brockmann (0:04:24).

Grootmeester mans: 1 Frank Snyman (1:41:31), 2 Paddy Murphy (2:08:00). 3 Stephen Retief (2:12:50).

Onder 16-meisies: 1 Rosemarie Thiel (00:54:36), 2 Bianca Nell (00:56:35).

O.16-seuns: 1 Marco Thiel (1:38:29), 2 Sean Lowe (1:38:29), 3 Julius Braun (1:38:30).

O.14-meisies: 1 Nicole Suren (1:00:16), 2 Anne Cramer (1:00:18), 3 Cari van der Westhuizen (1:00:21).

O.14-seuns: 1 Micah Chase (1:02:16), 2 Daniël Hennes (1:02:16), 3 Christo Nell (1:02:18).

O.12-meisies: 1 Samantha Monga (00:54:58), 2 Wilhemina Hamundjambo (1:11:45).

O.12-seuns: Sion Liebenberg (1:00:24), 2 Hendrik Baartman (1:00:25), 3 JP Lambert (1:00:32).

O.10-meisies: 1 Linn Lambert (00:48:19), 2 Kiana Brand (00:52:45).

O.10-seuns: 1 Petrus Shikomba (00:54:56).

INDIVIDUELE TYDTOETS

Vrydagnamiddag het Vera Looser die Namibiese elite-vroue individuele tydtoetstitel herwin wat sy verlede jaar aan Melissa Hinz afgestaan het.

Looser het dié titel nou agt keer sedert 2012 gewen. Sy het die roete oor 27 km) 36 sekondes vinniger as Hinz (tweede) voltooi.

In die elite-manswedloop oor 37 km het Drikus Coetzee vir die sesde keer in sewe jaar die louere ingepalm.

Die wenners in die UCI-kategorieë van Vrydag se nasionale individuele tydtoets is:

Elite mans: 1 Drikus Coetzee (50 minute 15 sekondes), 2 Ingram Cuff (55:09), 3 Danzel de Koe.

Elite vroue: 1 Vera Looser (42:28), 2 Melissa Hinz (43:04), 3 Anri Greeff (44:35).

Onder 23-mans: 1 Kevin Lowe (53:04), 2 Adrian Key (57:47), 3 JG van der Westhuizen (64:29).

O.23-vroue: 1 Monique du Plessis (48:03), 2 Olivia Shililifa (51:30).

Junior mans: 1 Roger Surén (25:35), 2 Justus Beulker (26:38), 3 Ethan Brinkmann (31:01).

Junior vroue: 1 Delsia Jansen van Vuuren (31:39), 2 Kylie Dickerson (34:49), 3 Angela Kamati (37:02).

ANDER TYDTOETS-KATEGORIEË

Subveteraan vroue: 1 Benita Windisch (30:19), 2 Silke Bean (32:12), 3 Marcelle Eloff (34:27).

Subveteraan mans: 1 Kai Pritzen (25:21), 2 Konrad Marais (27:00), 3 Gino Chiappini (27:33).

Veteraan vroue: 1 Sonja Obholzer (30:23), 2 Marissa Mouton (31:50).

Veteraan mans: 1 Horst Neumann (26:09), 2 Heiko Diehl (26:50), 3 Des Doman (27:34).

Meester vroue: 1 Anneke Steenkamp (32:19), 2 Marion Himmel (34:10).

Meester mans: 1 Clinton Hilfiker (27:01), 2 Hans du Toit (27:31), 3 Joris Harteveld (28:49).

Grootmeester vroue: 1 Karin Brockmann (37:31), Berrit Graf (42:35).

Grootmeester mans: 1 Frank Snyman (30:29), 2 Paddy Murphy (31:43), 3 Stephen Retief (34:55).

O.16-meisies: 1 Rosemarie Thiel (31:47), 2 Bianca Nell (34:09).

O.16-seuns: 1 Sean Lowe (26:27), 2 Nathan Chase (27:44), 3 Marco Thiel (27:49).

O.14-meisies: 1 Nicole Suren (16:40), 2 Cari van der Westhuizen (16:52), 3 Anne Cramer (17:06).

O.14-seuns: 1 Daniël Hennes (30:07), 2 Micah Chase (30:40), 3 Luke Coomer (33:58).

O.12-meisies: 1 Samantha Monga (23:44), 2 Wilhemina Hamundjambo (33:21).

O.12-seuns: 1 JP Lambert (16:27), 2 Hendrik Baartman (16:35), 3 Sion Liebenberg (17:17).

O.10-meisies: 1 Linn Lambert (19:37), 2 Mila Celliers (24:22).

O.10-seuns: 1 Petrus Shikomba (22:06).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° #REF! #REF!