Vera is Wêreldbeker-houer
Bergfietsry
Haar tweede oorwinning in die reeks van drie UCI Wêreldbeker Marathon-bergfietsbyeenkomste het vir Vera Looser die kampioen vir 2024 gemaak. Sondag in Lake Placid in die Amerikaanse staat New York het sy ‘n vinnige roete van 100 kilometer in ‘n naelrit vir die eindstreep met net enkele sentimeters teen Rosa van Doorn van Nederland gewen. Die Namibiër, wat ook ‘n vorige Wêreldbeker Marathon-byeenkoms in Tsjeggië gewen het, het sodoende op die algehele puntelys verby Lejla Nemcevic van Bosnië beweeg om boaan te eindig. Foto UCI
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie