Vermeulen wen by ysige Buiteklub
Gholf
Die Windhoek Gholfklub het Saterdag ’n individuele stableford-klubkompetisie aangebied wat deur Braam Vermeulen gewen is.
Nadat 44 spelers op ’n koue oggend afgeslaan het, het Vermeulen uiteindelik ’n uittel nodig gehad, nadat hy en Sakeus Matheus beide met 36 punte boaan die kompetisie geëindig het. Derde was Cor Beuke met 33 punte.
Die byeenkoms is deur DStv geborg. Die wenners van die ander afdelings was, B-afdeling: Danie van der Merwe senior (39 punte). C-afdeling: Kevin Vorster (37 punte).
• Die volgende belangrike kompetisie by die Windhoek-klub is op 12 Augustus wanneer die streekfinaal van die Windhoek Lager Internasionale Parespelreeks daar beslis word.
Die 21 pare van Windhoek-gholfklub sal dié van Omeya, Mariental en Okahandja pak om te bepaal wie by die nasionale finaal op 15 en 16 September gaan afslaan.
So het die Buiteklub se pare oor ses rondes gekwalifiseer:
Rondte 1: Evelyn Paulino/Dignity Moyo. Johannes Goagoseb/Inklous Suze. Dewald Coetzee/Raymond van Zyl. Borris Erasmus/Mannetjies Burger.
Rondte 2: Lukas Hamata/Johannes Xoagub. Heinco Schmidt/David Fourie. Joseph Martin/Thomas Shitaleni. Melt van Schoor/Danie van Schoor.
Rondte 3: Inocencio Verde/Peter Nghinyotwa. Likius Nande/Penda Naanda. Stefanus van der Merwe/Burger Bergh.
Rondte 4: Victor Nghifindaka/Peter Shikongo. Stefanus Reitz/Devin van Rooyen. Chuka Okafur/Julian Stoffels.
Rondte 5: Lukas Steven/Toady Gurirab. Keith Gardiner/Clinton Dodds. Milton Eiseb/Fergusson Paulse.
Rondte 6: Phillipus Steenberg/Armand Smit. Jolene van Schoor/George Vink. Elias Mulombwelwa/Antonio Gamito. Monty Rukoro/Justus Amutenya.
Slegs die wenpaar in die nasionale finaal sal van 6 tot 10 November in Lissabon, Portugal, by die Royal Obidos- en Bom Secesso-gholfklub by die Wêreldfinaal saam met die wêreld se beste amateurpare skouers skuur.
Die klub bied komende naweek sy sewende maandelikse Windhoek Lager-medaljekompetisie aan.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie