Vernuf in elke sportkode is skole se trots
Skolesport
Tussen die goeie kameraderie deur is trotse mededinging ewe veel ’n uitgemaakte saak in die lank verwagte groot interhoër tussen twee van die hoofstad se spogskole.
Van algemenekennis-vasvra en boogskiet tot gholf, muurbal, tennis en triathlon was reeds sedert Dinsdag op die voorprogram vir komende naweek se skouspel van die groot spansporte by Windhoek Gimnasium as gasheerskool vir Windhoek Hoërskool.
Op die tennisbaan het Windhoek Gimnasium gister met 54 punte teen 12 oorheers. Wat die triathlon betref, is die spogregte verdeel toe Gimmies die junior afdeling en WHS die senior stryd gewen het.
Op die krieketveld het die gasheerskool se rooies ook nie nonsens gevat nie en het vir WHS vir ’n teleurstellende 40 lopies uitgeboul, voordat Gimmies se aanvangskolwers binne net 15 balle die oorwinning met tien paaltjies beklink het.
In boogskiet het Windhoek Hoërskool fyner gekorel (3188 punte teen 2944), nadat Gimnasium sake in tafeltennis met 13-1 oorheers het.
Die naweek se program (sien NMH se skedule van beeldsending op bl. 11):
VANDAG
Big Brag vir beide skole, 11:00–12:30 by Windhoek Gimnasium skoolsaal
Hokkie by Windhoek Gim Astro, Meisies derde spanne 13:00; Seuns derde spanne 14:00; Meisies tweede spanne 15:00; Seuns tweede spanne 16:00; Old Girls 17:15; Old Boys 18:00; Meisies eerste spanne 19:00; seuns eerste spanne 20:30.
Sokker by Windhoek Gim rugbyveld: derde spanne 15:00; tweede spanne 16:00; eerste spanne 17:00.
Rugby, Old Boys, 18:00 by Windhoek Gim rugbyveld.
MôRE
Netbal by Windhoek Gimnasium: Vanaf 08:00 tussen die o.14C-spanne as opbou na die o.19B-spanne (12:35); o.14A-spanne (13:30), o.15A’s (14:10), o.17A’s (14:50), die oudskoliere om 15:45 en die o.19 eerste spanne om 16:30.
• Die rugbyprogram môre: 09:00 o.14A’s. 10:30 o.15A’s. 15:00 Derde spanne. 16:30 O.19 tweede spanne. 18:30 Rasieleiers arriveer, eerste spanne word voorgestel, skoolliedere word gesing. 19:00 Afskop van o.19 eerste spanne.
SPORTNAWEEK BY PARKIES
Laerskool Pionierspark bied vandag en môre die Parkies Sportdag by sy sportgronde aan, waar agt skole teen mekaar sal wedywer.
Die gasheerskool, Windhoek Afrikaanse Privaatskool (Affies), Windhoek Gimnasium, Gobabis Gimnasium, Berg-Op Akademie van Okahandja, St. George’s, Laerskool Orban en Okahandja Primêr is die mededingers.
Hokkie- en sokkerspanne sal vandag van 14:00 tot 18:00 teen mekaar speel en môreoggend sal die amptelike openingseremonie teen 07:20 plaasvind.
Die afskopfluitjie op die rugbyveld blaas halfagt tussen Parkies o.9A en Windhoek Gim o.9A.
Om agtuur stap die meisies van Windhoek Gim op die netbalbaan teen St. George’s, asook Parkies teen Gobabis Gim.
Die aksie sal môre regstreeks deur Namibia Media Holdings se beeldsending op die Facebook-blad van My Zone gevolg word.
Toegang beloop N$10 en verversings sal deurentyd verkoop word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie