Verrassende insluiting teen Qalandars en Lions
Krieket
Die reeks vroeg in September is vir Gerhard Erasmus en sy span 'n noodsaaklike opwarmgeleentheid voor die Wêreldbeker.
Die Richelieu Eagles takel van 1 tot 9 September by Wanderers-veld in Windhoek van die grootste name in T20-franchisekrieket in ’n opwindende driehoekige reeks van ses wedstryde.
In die driehoekige formaat teen Pakistan se kampioenspan die Lahore Qalandars en die DP World Lions van Gauteng sal die spanne mekaar twee keer aandurf voordat die finaal op 5 September beslis word.
Die gedwonge onttrekking van die beplande vierde deelnemer, die Indiese streekspan Bengale, onder druk van dié land se beheerraad, ontneem die toernooi van ’n verdere kersie op die koek.
Vir Namibië bied dié wedstryde puik voorbereiding op hul T20-Wêreldbekerveldtog wat Oktober in Australië voorlê. Dit lei ’n hoogs opwindende tydperk vir die plaaslike sport in, met Krieket Namibië (KN) boonop medegasheer vir die 2027 Wêreldbeker saam met Suid-Afrika en Zimbabwe.
In die Eagles-groep wat gister aangekondig is, is Dirkie Theunissen gewis die naam wat die meeste aandag sal trek. Hoeveel speelkans hy sal kry en of sy insluiting net as blootstelling aan die senior omgewing bedoel is, is ’n ope vraag.
Theunissen (18) speel ook rugby as flank vir Windhoek Gimnasium se eerste span in die Standard Bank o.19 Superliga wat tans hewig in kompetisie is en waarvan die eindstryd eers laat in September gespeel word. As spiesgooier het hy ook al NSSU-spanne verteenwoordig – maar vir liefhebbers wêreldwyd wat nou skielik navorsing oor sy krieketgeskiedenis doen, sal min antwoorde op die internet te vinde wees.
Hy het nie uitstaande presteer in die Namibiese span wat in Oktober laas jaar in Rwanda onsuksesvol was in hul aanslag om vir die o.19 Wêreldbeker te kwalifiseer nie. Vanjaar het hy ook net een wedstryd in die Richelieu T20-franchise-reeks in Maart gespeel. Vir dié matriekseun is krieket glo egter sy heel eerste liefde.
Uit die laaste Eagles-toerspan vir die eendagreeks in Skotland is Craig Williams en David Wiese die twee opvallende weglatings. Michael van Lingen, Karl Birkenstock en Mauritius Ngupita maak hul terugkeer.
Die Eagles-groep: Gerhard Erasmus (kaptein), JJ Smit (onderkaptein), Divan la Cock, Lo-han Louwrens (paaltjiewagter), Michael van Lingen, Nicol Loftie-Eaton, Jan Frylinck, Ruben Trumpelmann, Bernard Scholtz, Tangeni Lungameni, Ben Shikongo, Stephen Baard, Zane Green (paaltjiewagter), Karl Birkenstock, Dirkie Theunissen, Mauritius Ngupita (laasgenoemde net vir die T20’s).
• Ná die T20-toernooi sal Namibië die Lahore Qalandars op 7 en 9 September by dieselfde venue in twee eendagwedstryde die stryd aansê. Picky Ya France word net vir die eendagreeks bygevoeg.
TOERSPANNE
Johan Muller, hoofbeampte van KN, sê: “Ons is baie opgewonde om hierdie toernooi aan te kondig. KN glo daar is waarde in ’n toernooi wat die platform vir toekomstige sterre skep om raakgesien te word.
“Deur topspanne van prominente krieketlande te nooi, lok groot plaaslike en internasionale belangstelling uit terwyl uitstekende vermaak op die veld ontvou.
“Die doel van dié toernooi is om ons spelers blootstelling te gee, te ontwikkel en vir die Wêreldbeker voor te berei terwyl ’n kommersiële handelsmerk gevestig word.”
Die Lions van Gauteng het nog nie hul toerspan aangekondig nie – hoewel hulle straks sonder die internasionale sterre op hul boeke soos die Proteas-kaptein Temba Bavuma, die snelboulers Kagiso Rabada en Duanne Olivier, kolwer Rassie van der Dussen, Reeza Hendricks en Wiaan Mulder kan wees. Dié franchise is veelvuldige vierdag-, eendag- asook T20-kampioene in die RSA.
Jono Leaf-Wright, uitvoerende hoof van die Lions, sê: “Ons sal teen ’n paar taai spanne te staan kom wat ons ongetwyfeld goed sal doen voordat ons nuwe seisoen begin. Dit gaan ook ’n wonderlike ervaring vir ons spelers wees om Suid-Afrika in Namibië te verteenwoordig.”
• Die Lahore Qalandars sal sonder hul internasionale spelers op hul plaaslike talent steun. Sameen Rana, hul uitvoerende hoof, sê: “Ons is verheug om deel van dié eerste internasionale T20-kompetisie te wees en ons dank gaan aan KN wat dié unieke toernooi ’n werklikheid gemaak het.
“Ons geniet ’n spesiale verhouding met Namibië en sy krieketondersteuners. Danksy David Wiese se integrale insette as T20-speler het ons vroeër vanjaar ons eerste Pakistan Superliga-trofee gewen. Ons kan nie wag om almal in Windhoek te sien nie.”
Lahore Qalandars: Hamza Nazar (kaptein), Ahsan Hafeez Bhatti, Aitizaz Habib Khan, Dilbar Hussain, Jalat Khan, Jehanzeb Naveed, Mamoon Ur Riaz, Mansoor Saleem, Mehboob Ur Rahman Usmani, Mirza Tahir Baig, Muhammad Naeem, Shane Dadswell, Sudais Khan, Usama Mir en Usman Khalid.
• Op Sondag 4 September sal tydens die Africa Personnel Services-pienkdag ’n dubbele dosis van T20-genot vir krieketliefhebbers opgedis word. Die bewusmakingsveldtog teen kanker is daar om geld vir instansies in te samel wat die siekte beveg.
Eagles-ondersteuners word aangemoedig om pienk klere vir die twee wedstryde te dra en #Pledge4Pink op sosiale media te deel. Die Lions speel die oggend teen die Lahore Qalandars en die aand sal die Eagles teen die Lions kragte meet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie