Verstappen wen Franse GP ná Leclerc ongeluk maak
Motorsport
Max Verstappen (Red Bull) het Sondag die Franse Formule Een-Grand Prix op die Circuit Paul Ricard in Le Castellet gewen nadat die voorloper, Charles Leclerc (Ferrari), in die 18de van die 53 rondtes teen ’n veiligheidsreling gebots het.
Dit was die derde keer vanjaar dat Leclerc nie ’n Grand Prix kon voltooi nie, nadat hy ook in die Spaanse en Azerbeidjaanse renne tou mos opgooi nadat hy voorgeloop het.
Leclerc het voor weggespring.
Lewis Hamilton (Mercedes) was in sy 300ste Grand Prix tweede met sy spanmaat, George Russell, derde.
Verstappen se spanmaat, Sergio Perez, was vierde en Carlos Sainz (Ferrari) vyfde.
Verstappen het sy voorsprong bo Leclerc op die kampioen-skapspunteleer verder vergroot.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie