Verwikkelinge voor Kaapse reeks

Hokkie
Andrew Poolman
Die MTC Namibiese binnenshuise hokkiespanne vir mans en vroue is slaggereed om weer hul opposisie die stryd aan te sê in die vierhoekige internasionale reeks wat môre in Kaapstad begin.

Suid-Afrika, Namibië, die VSA en Ierland is die vier nasies wie se mans en vroue mekaar vanaf 15 tot 19 Desember in die Nkosi-bekerreeks gaan takel.

Skaars ’n maand het verloop vandat die Namibiese mans en Suid-Afrika mekaar in Maleisië in die eindstryd van ’n sesnasiereeks ontmoet het. Die finaal het met 2-2 gelykop geëindig, voordat Namibië die valbylstryd met 3-2 beklink het – vir die manspan se eerste triomf van dié omvang in die land se hokkiegeskiedenis.

Beide die afrigters, Shayne Cormack van die vrouespan en Trevor Cormack van die manspan, se spelersgroepe wat intussen aangekondig is, toon heelwat veranderinge.

Nico Neethling (eksamens), Percy Barthram (klubverpligtinge in Engeland) en Owen Hatton (beseer) kon nie verlede maand saam toer nie, maar bring nuwe energie en vorige ondervinding na die mansgroep onder die kapteinskap van die doelwagter DJ Strauss.

Aan die vroue se kant is die 25-jarige Gillian Hermanus as die nuwe kaptein van die binnenshuise vrouespan aangewys, met Sunelle Ludwig as onderkaptein. In November was doelwagter Petro Stoffberg die spanleier wat die leisels ná die uittrede van Maggy Mengo oorgeneem het, terwyl Hermanus nie vir dié toer beskikbaar was nie.

Kiana-Ché Cormack se instink as doelskieter kan ook ’n welkome byvoeging wees om die vrouespan weer na sy vorige suksesvlakke te lig, nadat sy die Maleisië-toer weens eksamens misgeloop het.

Namibië manspan: DJ Strauss (doelwagter en kaptein), Richter van Rooyen (doelwagter), John-Paul Britz, David Britz, Brynn Cleak, Dakota Hansen, Fagan Hansen, Ernest Jacobs, Owen Hatton, Liam Hermanus, Nico Neethling, Percy Barthram.

Namibië vrouespan: Gillian Hermanus (kaptein), Petro Stoffberg en Jaime Henckert (doelwagters), Sunelle Ludwig (onderkaptein), Jerrica Bartlett, Kiana-Ché Cormack, Azaylee Philander, Danja Meyer, Tara Myburgh, Jocelle Wessels, Marcia Venter, Amber Dercksen.

• Die eerste wedstrydbepalings:

Vrydag 15 Desember: Namibië tn VSA (mans), 18:45.

Saterdag 16 Desember: Namibië tn Ierland (vroue), 12:00; Namibië tn Suid-Afrika (mans), 13:15. Namibië tn Suid-Afrika (vroue), 18:45.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!