Veterane speel in Pretoria
Krieket
Die Veteranekrieketvereniging van Namibië (VCAN) is opgewonde dat sy eerste bo-40 toerspan vandag in Pretoria in die eerste Afrikabeker-toernooi vir spelers van 40 jaar en ouer begin meeding.
Namibië, Zimbabwe, Suid-Afrika en die Suid-Afrikaanse uitnodigingspan takel mekaar vandag tot 1 Desember, met die eindstryd en bronsfinaal op die laaste dag.
Nicky Buys sal die span aanvoer wat bestaan uit dertien spelers, 40 jaar en ouer, wat steeds aktief klubkrieket in Namibië en Suid-Afrika speel.
“Ons wil regtig mededingend wees en groei as 'n span tydens die Afrikabeker, want dié os vir ons ’n opbou na die Bo-40’s Wêreldbeker volgende jaar in Kaapstad,” sê Buys.
Die span word afgerig deur Norbert Manyande, wat tevore die Namibiese o.19-span asook die VCAN se Bo-50- Wêreldbekerspan afgerig het.
“Ons het ’n goeie groep spelers en moet die Namibiese vlag hoog laat wapper,” het afrigterManyande gesê. “Die meeste van die span het uitsonderlike ondervinding oor baie jare.”
“Veteranekrieket bevorder ’n gesonde leefstyl vir die spelers wat nie meer in staat is nie om so vrylik te beweeg soos hulle vroeër, terwyl hulle steeds teen medespelers kan meeding,” het Johan Nel, speler van die Oor 40s Afrikabeker-span, gesê.
Die Namibië-spelersgroep: Nicky Buys (kaptein), Asad Abbas, Derick Colmer, Riaan de Witt, Rowan Erasmus, Francois Füscher, Hendrik geldenhuys, Conrad Jacobs, Norbert Manyande, Johan Nel, Duane Viljoen, Jaco Zondagh.
VANDAG in Pretoria: Namibië teen SA uitnodigingspan; Suid-Afrika teen Zimbabwe.
MôRE: Namibië teen Suid-Afrika; Zimbabwe tn SA uitnodigingspan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie