Vier goud, een silwer vir fietsspan by Koedoeslaagte
Bergfietsry
Met 275 inskrywings was dit een van die grootste veldresiese vir bergfietsryers nóg in Suid-Afrika en elkeen van die buurland se hoëprofiel bergfietsryers was daar. Die enigste afwesige groot kanon was Alan Hatherly wat in Spanje deelgeneem en gewen het.
Die SA Beker-byeenkoms Koedoeslaagte was by Parys in die Vrystaat langs die Vaalrivier aangebied. Hoewel die baan nie die mees tegniese een was nie, het die opdraande in een groot klim van bykans 150 vertikale klimmeters gekom.
Namibië se span het uitstekend gevaar en het die Suid-Afrikaanse toeskouers opnuut verbaas. Uit die elf kategorieë was Namibië in nege op die podium verteenwoordig met vier goue, twee silwer- en twee bronsposisies.
“Dit was vir seker die mees suksesvolle vertoning deur ’n Namibiese span in die SA Bekerreeks, loshande die sterkste vlak van kompetisie in die land,” sê Hans du Toit, die nasionale fietsry-afrigter.
In die elite mansgroep het Alex Miller en Hugo Hahn vir Namibië deelgeneem. Albei het tot die vorige naweek op die padfiets die moordende Tour de Windhoek (355 km in vier dae) gery.
Alex het goed begin en het saam met Philip Buys, Arno du Toit en Matt Beers weggebreek en goed vasgebyt tot die tweede laaste rondte. Hy het vierde klaargemaak – voor sterk ryers in die o.23-klas soos Luke Moir en Wessel Botha (huidige o.23 Afrika-kampioen).
Hugo Hahn het ook goed begin, ná ’n pap voorwiel teruggesak tot 16de, maar het teruggeveg en 13de klaargemaak.
In die elite vroueresies het Monique du Plessis ná ’n val in die eerste rondte ’n goeie agtste plek ingeneem, met Courtney Liebenberg net ná haar.
By die junior mans (’n Wêreld Junior reeksbyeenkoms) het die twee Namibiërs Daniel Hahn en Kevin Lowe die sterk veld van sowat 40 Suid-Afrikaners heeltemal oorheers.
Hulle het reeds in die eerste rondte weggebreek en net die voorsprong eenvoudig met elke rondte vergroot om met meer as 2 minute voor die eerste SA ryer te eindig. Daniel Hahn het die naelrit eindstreep toe net-net voor Lowe gewen.
Roger Surén (15) was die span se enigste o.16-ryer, maar het ook kort ná die wegspring weggebreek en meer as ’n minuut voor sy naaste teenstaander geëindig.
Die Surén-familie het dit ’n dubbel gemaak met Nicol Suren wat haar o.12 meisiesresies ook gemaklik gewen het. Delsia Janse van Vuueren was vierde van die o.16-meisies.
By die o.14-groep het Rosemari Thiel in ’n eindpoging net-net die tweede plek misgeloop. Die o.14-seuns Marco Thiel en Sean Lowe se sesde en sewende plekke wys ook belofte.
Hans du Toit het die meestersmans se resies gewen, met Nick du Plessis in die derde plek.
Die span spreek groot dank uit aan die NCF en Rock & Rut wat finansieel bygedra het, asook Cymot vir die gebruik van hul voertuig.
Die hele span se opgesomde vertonings:
Elite mans: Alex Miller vierde, Hugo Hahn 13de, Bergran Jensen 22ste.
Elite vroue: Monique du Plessis agtste, Courtney Liebenberg negende.
Junior mans: Daniel Hahn eerste, Kevin Lowe tweede, Adrian Key 17de.
Junior vroue: Lotte Beulker tiende.
O.16-seuns: Roger Surén eerste.
O.16-meisies: Delsia Janse van Vuuren vierde.
O14-seuns: Marco Thiel sesde, Kevin Lowe sewende, Franco Thiel 25ste.
O.14-meisies: Mari Thiel derde.
O.12-meisies: Nicol Surén eerste.
Veteraanmans: Marcel Surén vyfde.
Meestersmans: Hans du Toit eerste, Nick du Plessis derde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie