Van links is Charlie Lohmann, Nelson Johannes, Janneman Brand en Wensley Haseb wie Namibië in Uganda sal verteenwoordig. Foto Verskaf
Van links is Charlie Lohmann, Nelson Johannes, Janneman Brand en Wensley Haseb wie Namibië in Uganda sal verteenwoordig. Foto Verskaf

Vier musketiers vir Uganda gekies

Gholf
Tielman Van Lill
Die Namibië Junior Gholfstigting (NJGF) het vroeër vandeesmaand sy laaste toernooi by die Rössmund-baan naby Swakopmund aangebied om sy nasionale junior span vir die Afrika-kampioenskap te kies.

Dit was die laaste van drie toernooie wat gebruik is om die Namibiese span van vier spelers saam te stel. Die eerste twee proeftoernooie is onderskeidelik by die Omeya-gholflandgoed en Tsumeb-gholfklub gehou.

By Omeya het Todd Parker die ope afdeling oorheers en Wensley Haseb het as netto-wenner na vore getree. In die A-afdeling was Janneman Brand eerste met Nelson Johannes as die netto wenner.

In die Noorde

Die juniors wat gekies was, sal Namibië vanjaar by die Junior Afrika-spankampioenskap in Uganda verteenwoordig. Die kompetisie sal van 15 tot 21 April by die Lake Victoria Serena Spa en Gholfoord gehou word.

Die vier uitgesoekte bulle is Charlie Lohmann, Nelson Johannes, Janneman Brand en Wensley Haseb, wat deur Jaco van Reenen as hoofafrigter gebrei sal word.

Die spelers is behoorlik oor drie dae met 54 putjies beproef.

Damian da Silva, sekretaris van die NJGF, het aan Republikein gesê: “Daar was verskeie afdelings waarin die junior spelers volgens hul vermoë kon inskryf. Die A- en B-afdelings het 54 putjies oor drie dae gespeel, terwyl spelers in die C- en D-afdeling hulself oor 36 moes bewys.

“’n Merietelys is volgens die uitslae van die drie kompetisies saamgestel en dit is hoe ons die vier spelers gekies het. Todd Parker was oorspronklik deel van die span, maar hy het intussen ’n borgskap van die Janine & Suzelle Davin-sporttrust ontvang en kan nie sy land in Uganda verteenwoordig nie. Parker gaan in Suid-Afrika sy staal wys en blootstelling kry waar hy in junior amateurtoernooie deelneem.”

Die volgende junior toernooi sal op 11 en 12 Maart by die Windhoek Buiteklub se baan aangebied word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!