Vlagdraers op pad na Switserse Alpe
Bergfietsry
Die 19-jarige bergfietsryer Monique du Plessis, onlangs bekroon as Namibië se nasionale elite vrouetitelhouer, saam met die twee junior ysters Daniel Hahn en Kevin Lowe en die o.16-kampioen Roger Surén gaan vandeesmaand in Switserland aan die Swiss Cup-bergfietsbekerbyeenkoms deelneem.
Du Plessis, Hahn en Lowe ry almal tans vir die plaaslike Cymot-span.
Daniel se ouer broer Hugo (Mannie’s Bike Mecca) en Alex Miller (Trek Vaude) asook Lowe sal Namibië van 24 tot 28 Augustus by die Union Cycliste Internationale (UCI) se Bergfietswêreldkampioenskap in Les Gets, Frankryk, verteenwoordig.
Die eerste resies by Langendorf in Switserland vind Saterdag plaas. Die Profix Swiss Cup wat deel van die junior wêreldreeks is, kom op 21 Augustus aan die beurt.
Op 25 Augustus sal Lowe en Daniel Hahn vir die junior afdeling in Les Gets regstaan.
Miller, Namibië se geskiedkundige bronsmedaljewenner by die pas afgehandelde Statebondspele in Birmingham, en Hugo Hahn wat 13de was, sal op 27 Augustus in Frankryk vir die o.23-resies aantree.
SWISS EPIC
Vanaf komende Dinsdag sal nog twee jaers Namibië se vlag by die hoogs gesogte Swiss Epic laat wapper.
Dié vyfdaagse skoftoer beslaan 359 kilometer, insluitend die langste skof in sy geskiedenis van meer as 100 km, met ’n ondenkbare 11 700 vertikale klimmeters en afdraandes van 11 850 meter.
Vera Looser (vierde in die padresies by die Statebondspele) sal Kim le Court van Mauritius as haar spanmaat hê. Beide is vorige Afrika-vrouekampioene.
Tristan de Lange het ook op sosiale media verklaar hoeveel hy uitsien om met “die legende homself”, Konny Looser van Switserland, as sy spanmaat die Swiss Epic te takel. De Lange het verlede jaar die Nedbank Desert Dash van Windhoek na Swakopmund gewen nadat Looser die vorige ses jaar op ’n streep die kampioen was.
De Lange was bitter teleurgesteld dat sy maande van harde voorbereiding op die padfietsresies by die Statebondspele ongedaan gemaak is deur twee fietsongelukke waaroor hy geen beheer gehad het nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie