Voet in die hoek vir Eagles teen PNG en VSA
Die VSA se kolwers het gesukkel om werklik teen die Namibiese A-span se boulers te domineer. Die Eagles se grofgeskut kan hulle van nuuts af onder groot druk plaas.
In die VSA-krieketspan se vriendskaplike opwarmwedstryd teen ’n Namibiese A-span het die besoekende kolwers gesukkel om werklik teen die plaaslike boulers te domineer.
Die Amerikaners is glo stert in die lug nadat hulle beide 50-beurt oefenwedstryde vandeesweek teen ’n Namibiese A-span gewen het.
Dit beteken egter nie hulle is gereed om die Eagles se grofgeskut te hanteer nie.
Papoea-Nieu-Guinee (PNG), die VSA en Namibië begin Saterdag hul aanslag in die ICC Wêreldbeker Liga Twee-reeks by die Wanderers-veld.
Die spanne sal elk twee Castle Lite internasionale eendagwedstryde teen mekaar speel. Dit sal die VSA se laaste kans wees om sy posisie op die punteleer te verbeter, terwyl PNG nog net maar vir trots in die reeks speel.
Shayan Jahangir (27), ’n gewese Pakistan o.19-speler, het in sy eerste verskyning vir die VSA Dinsdag by United-veld ’n blitsige 104 van net 61 balle (16x4, 4x6) gemoker, wat die Amerikaners gehelp het om 295/ 7 in 50 boulbeurte op te stel.
Namibië A is hierna vir 229 almal uitgeboul in 49.1 boulbeurte.
Jahangir is beslis ’n faktor as hy aan die gang kom. Sy stryd Sondag teen Namibiese boulers soos Ruben Trumpelmann, Jan Frylinck, JJ Smit en Gerhard Erasmus kan bepalend wees.
Sushant Modani (48) het as aanvangskolwer ook gevaarlik gelyk. Die A-span se boulers het met tye deurgeloop. Die meer gesoute Picky Ya France (2/45 in 7), Mauritius Ngupita (2/27 in 7), Karl Birkenstock (1/48 in 6), Ben Shikongo (1/7 in 3) en Tangeni Lungameni (1/16 in 3) het paaltjies laat val. Renier Bosman, Ado Iita, Jack Parker, Shaun Fouché en PD Blignaut was ook lede van die plaaslike boulaanval.
Lo-han Louwrens (116 van 133 balle, 11x4, 1x6) het as aanvangskolwer manalleen vir die gasheerspan geskitter. Zane Green op nommer sewe (29) wou-wou lyk of hy weer op dreef is.
Jasdeep Singh neem 3/19. Ian Holland, Nisarg Patel en Aaron Jones het elk 2 slagoffers geëis.
OEFENWEDSTRYD TWEE
Woensdag in die tweede oefenlopie het die VSA (262 almal uit in 50) die Namibië A-span (243 almal uit in 50) opnuut die knie laat buig.
Dié keer was die VSA-kaptein Monak Patel op nommer drie met 109 (107 b) die topkolwer.
Jahangir kon dié keer net 1 lopie bydra. Aanvangskolwer Steven Taylor het 22 en Nisarg Patel op nege het 33 aangeteken.
Die Namibiese elftal se kolwers vyf en ses, Nicol Loftie-Eaton (51) en Karl Birkenstock (64*), was hul voorste lopiemakers. Vir Namibië het die onervare Renier Bosman (1/40 in 7), Melrich Robyn (1/45 in 3), Shaun Fouché (1/17) en Donovan Zealand (1/11 in 2) paaltjies laat kantel.
Jasdeep Singh (2/9) en Steven Taylor (2/34) was die VSA se beste boulers.
Die Noord-Amerikaners het 44 ekstras in die twee kragmetings afgestaan, terwyl Namibië A (35) ietwat meer gedissiplineer was.
NAMIBIË SE TAAK
Vier seges in die volgende week is nie onderhandelbaar nie. Enigiets minder as agt ligapunte sal ’n teleurstelling wees nadat die Eagles in September dieselfde twee spanne in Port Moresby in PNG moedeloos gespeel het.
As Namibië Novembermaand dus met 34 punte in die sakkie kan afsluit, sal hy in die derde posisie (26 wedstryde, 17 gewen) ná Oman (eerste met 44 punte, 21 uit 36 gewen) en Skotland (40 punte, 19 uit 28 gewen) wees.
Aan die positiewe kant benodig die Eagles in sy laaste tien wedstryde net vier oorwinnings om soos Oman op 21 te eindig. Dis egter te betwyfel of die trotse Eagles met net vier seges in sy laaste tien tevrede sal wees.
DIE WEDSTRYDPROGRAM by Wanderers (al die wedstryde begin 09:30)
19 en 23 November: Namibië teen PNG.
20 en 26 November: Namibië tn VSA.
22 en 25 November: PNG tn VSA.
Richelieu Eagles: Gerhard Erasmus (kaptein), JJ Smit (onderkaptein), Lo-han Louwrens (paaltjiewagter), Michael van Lingen, Divan la Cock, Zane Green (paaltjiewagter), Jan Frylinck, Tangeni Lungameni, Karl Birkenstock, Helao Ya France, Ben Shikongo, Ruben Trumpelmann, Nicol Loftie-Eaton en Bernard Scholtz.
PNG (moontlik): Tony Ura, Lega Siaka, Charles Amini, Assad Vala (kaptein), Sese Bau, Hiri Hiri, Chad Soper, Norman Vanua, Simon Atai (paaltjiewagter), Kabua Morea, Nosaina Pokana, Damien Ravu, Semo Kamea, Riley Hekure, Hila Vare.
VSA: Monank Patel (kaptein/paaltjiewagter), Ian Holland, Saideep Ganesh, Shayan Jahangir, Aaron Jones, Nosthush Kenjige, Sushant Modani, Saurabh Netravalkar, Nisarg Patel, Usman Rafiq, Gajanand Singh, Jessy Singh, Cameron Stevenson, Steven Taylor.
• Skotland en Nepal besoek die hoofstad vir die volgende driehokeige mini-toernooi in die reeks, wat van 1 tot 8 Desember beslis word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie