Voorspeler uit ná noue ontkoming met gemsbok
Klubrugby
Op naweek 2 lê vier opwindende premierligawedstryde voor – op Walvisbaai en Rehoboth, asook by Wanderers en Western Suburbs.
Twee spanne wat ná die openingsnaweek hul wonde moes lek, se paaie kruis môre by Suburbspark in Khomasdal in rondte 2 van die Namibië Rugby-unie se premierliga.
FNB Western Suburbs se tuiswedstryd teen Trustco United is die een wat môre regstreeks op NMH se platforms insluitend NTV (DStv kanaal 285) gebeeldsend word.
United se Filistyne het laas Saterdag met 7-38 in sy wegwedstryd teen FNB Grootfontein verloor, maar sake het eintlik gelykop verloop totdat die losskakel Hanreco van Zyl en senter Handre Bezuidenhout weerskante van rustyd met beserings die veld moes verlaat.
“Die eerste 20 minute was meer kompeterend as wat ek verwag het en rustyd was dit 14-7,” sê Grootfontein se kaptein, Wikus Jacobs.
“Die verlies van die twee agterspelers was ’n terugslag vir United. Beide spanne se fiksheid was nog nie op 100 persent nie. Ons het maar net munt geslaan uit ons geleenthede,” sê Jacobs, wie se span uiteindelik ses drieë gedruk het.
United se Hanreco van Zyl skuif môre na skrumskakel en sy 10-trui word deur die talentvolle Chris Arries ingeneem, wat hoop om sy loopbaan weer op dreef te kry ná ’n paar ongelukkige beserings.
Die haker Gerhard Thirion wat om familieredes die verloorwedstryd moes misloop, keer môre terug op United by Suburbspark aan te voer – waar hulle in verlede jaar se enkelronde ’n ontsaglike pak slae van 82-7 op die lyf geloop het.
• Dis Grootfontein se beurt om op reis te gaan en môre vir Reho Falcon die stryd aan te sê.
Die noordespan se groot slot Meraere Kaapama het teen United harsingskudding opgedoen en moet vervang word, terwyl die flank Jonathan Strijbis hom ook intussen ná ’n fratsongeluk moes onttrek. Hy werk op ’n lodge het glo met ’n motorfiets in ’n paadjie tussen ruie bosse teen grensdrade langs gery, toe ’n gemsbok voor hom in gespring het. Strijbis het vooroor oor die motofiets geval, maar is darem net lig beseer met ’n stamp teen sy knie.
Oor hul komende uitdaging teen Reho Falcon, wat met 61-3 deur FNB Wanderers geklop is, sê Jacobs: “Ons onderskat geen span in die liga nie; ons vat dit dag vir dag.”
• Wanderers se afrigter Rohan Kitshoff sê hy moes eers by gisteraand se oefensessie ’n paar fiksheidstoetse afhandel voordat sy span teen Rehoboth saamgestel kon word.
Dieselfde geld vir Lorenzo Kloppers én David Philander, die afrigters van Suburbs en Unam.
“Ons het teen Unam ’n paar stampe weg, maar gelukkig is Ricardo Swartz en Dumarcho Hartung darem weer terug in die prentjie,” sê Kloppers.
Philander se oorwegings voor gisteraand het ingesluit dat die skrumskakel JC Winkler en senter Camlo Martin onbeskikbaar is.
• Op Walvisbaai het FNB Kudus darem sy eerste vier ligapunte teen FNB Rehoboth verdien en lê op loer vir die besoek van FNB Unam, wat tans tweede op die puntelys ná Wanderers is.
Kudus se afrigter Gawan Esterhuizen moes ’n paar verskuiwings aan sy wenspan maak om die onbeskikbaarheid van Jayden Bussel (vleuel, kniebesering), Aurelio Plato (veelsydige agterspeler, bobeenbesering), Armando Viviers (stut, eksamen) en Codey Naholo (slot) te dek.
• Rehoboth se afrigter Johann Wohler sê: “Ons het die span bietjie verander om teen Wanderers meer gewig te kan hê, dit was waar ons by Kudus kortgekom het. Hulle was groot en fisiek voor en het ons baie ingetrek en gapings aan die buitekant geskep.”
Die beskikbare spanne wat teen druktyd ontvang is:
TRUSTCO UNITED (teen Western Suburbs): 15 Janus van den Berg, 14 Daryll Vries, 13 JD Nel, 12 Handre Bezuidenhout, 11 Donovan van Wyk, 10 Chris Arries, 9 Hanreco van Zyl, 8 Panduleni Ilonga, 7 Dean Blom, 6 Naude Neethling, 5 Vavi Kaura, 4 Zander Bronkhorst, 3 Hanno Husselman, 2 Gerhard Thirion (kaptein), 1 Johan Brockman.
Reserwes: Jan Burger, Kamaa Kajau, Eloff du Plessis, Marius van Niekerk, Pierre Venter, Doctor Andreas, Alonzo Julius.
FNB REHOBOTH (teen Wanderers): 15 Jeandre Loubser, 14 Brandon Dentlinger, 13 Hillian Beukes, 12 Diego Loubser, 11 Romeo Visagie, 10 Ascher Coetzee, 9 Miguel Busch, 8 Charl Freygang , 7 Keynnen Basson, 6 Gashwill Majiedt, 5 Cameron McNab, 4 Carl-William Freygang, 3 Delano Coetzee, 2 Titus Mathias, 1 Kevin Cloete (kaptein). Reserwes: Shadillo Zaal, NOG Een, Francios Visagie, Dilhan Daries, Bayern Bayer, Dario Vries, Walter Johr.
FNB KUDUS (teen Unam): 15 Lloyd Jacobs, 14 Paolo Andrews, 13 Justin Newman, 12 Michael Hummel, 11 Aston Mukwiilongo, 10 Kyle Wentzel, 9 Percy Nash, 8 Joshua Jacobs, 7 Lezardo Vos, 6 Cameron Langenhoven (kaptein), 5 Tertius Arangies, 4 Shaun White, 3 Lorenzo Calaca, 2 Zwandre Viviers, 1 Craig Swartz.
Reserwes: Anthony Hoebeb, Jarren Koning, Charlton Brussel, Lorenzo Groenewaldt, Rayton Paulse, Shylo Visser, Marvin Kotzee.
FNB GROOTFONTEIN: 15 Irongwa Atshuvudhi, 14 Luis Talaya, 13 Buruxa Geiseb, 12 Louis Grobbelaar, 11 Ian Malan, 10 Ronald Deck, 9 Willem Enslin, 8 Johan Luttig, 7 Amutenya Amutenya, 6 Hendrik van Zyl, 5 Oliver Mouton, 4 Tehan Martinson, 3 Nelius Theron, 2 Wikus Jacobs (kapt), 1 Pieter du Plessis. Reserwes: Maurihungirire Kazepurua, Adriaan Potgieter, Martinus Nekundi, James Hinga, Christopher Deck, Dehan Reynders, Peet Harmse.
• Onthou dat fnbrugby.my.na die tuiste is om op die hoogte van die tellings, liga se puntestand, nuus en komende wedstryde te bly.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie