Vordering met spogstadion
Krieket
Krieket Namibië het gister ’n sake-ontbyt met sy korporatiewe vennote gehou ter viering van die Richelieu Eagles se kwalifisering vir die 2024 T20-Wêreldbeker in die VSA en Wes-Indië.
Johan Muller, uitvoerende hoof van Krieket Namibië, het gesê: “Gister was inderdaad ’n historiese dag, om vir die derde keer vir die Wêreldbeker te kwalifiseer. Dit was bitter nodig vir die land en dit sal ’n positiewe invloed op krieket hê.
“Ons stel die Nasionale Krieketstadion se ontwerp bekend, wat ’n hoëprestasiesentrum en ander geriewe sal huisves. Dis werklik ’n betekenisvolle oomblik ná ’n lang reis tot hier om dit met ons sakevennote te deel.
“Ons senior mans het gekwalifiseer en ons Capricorn Eagles vrouespan speel binnekort in Uganda in ’n toernooi om ook vir die Wêreldbeker te kwalifiseer.
“Dis die begin van die volgende vier jaar waar ons strategies kan beplan om die land se krieketprogramme van grondvlak tot senior elitevlak te verfyn.
“Ek sê dit stadig, want Namibië sal vir die eerste keer gekontrakteerde senior vrouekrieketspelers op sy boeke hê.
“Dis ’n unieke konsep in Namibië dat atlete in vrouesport voltydse professionele kontrakte sal hê. Krieket Namibië sal sy personeelstruktuur moet verander om by al die veranderinge aan te pas, veral daarop gerig om skoolverlaters wat Namibië op nasionale o.19-vlak verteenwoordig het, te behou en vir die toekoms te ontwikkel.
STADION SE FASILITEITE
Die vooruitsig dat Namibië aangewys is as medegasheer vir twee komende ICC-toernooie, plaas beduidende tydsdruk om ’n geskikte nuwe stadion in Olympia te laat verrys. Die eerste sal die ICC onder 19 Wêreldbeker in 2026 wees, voor die volgende jaar se ICC Wêreldbeker in eendagkrieket.
Muller sê: “Wat die stadion betref, is ons in die laaste fase waar ons vir die goedkeuring van die planne wag. Indien alles vlot verloop, sal die eerste sooie begin Maart 2024 gespit word met die oog op voltooiing ’n jaar later.
“Ons beoog sitplek om 7 500 toeskouers in die nuwe stadion te akkommodeer. Die besproeiingstelsel is klaar geïnstalleer en 150 ton hoedermis is met 150 ton plantaardige kompos gemeng waarmee die grond verryk word voordat die plantproses op 6 Desember vanjaar begin.
“Ons voer 420 ton boelieklei van Grootfontein in waarmee die kolfblaaie gebou word. Die klei is in Suid-Afrika asook plaaslik getoets en voldoen 100 persent aan internasionale standaarde. Die nasionale stadion sal agt kolfblaaie hê, asook die oefenveld langsaan.
“Die stadion sal grasbanke hê waar toeskouers op regte tradisionele Namibiese wyse kan braai en krieket kyk. Ons is ongelooflik trots op hierdie dag waar Krieket Namibië ons nuwe Nasionale Stadion kon aankondig. Dis ’n geskiedkundige oomblik. Baie dankie aan elke rolspeler in die proses wat ons tot hier gebring het.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie