Vreeslose Sternagel met mening terug

Motocross
Tielman Van Lill
Mark Sternagel het Saterdag met die vierde ronde van die Namibiese Nasionale MX-kampioenskap by Gallina-park by Döbra gewys hy op 929 (sy motorfiets) opnuut reg is om vir die res van die 2022-seisoen sy stempel af te druk.

Sternagel het Saterdag aan sy eerste resies sedert Augustus verlede jaar deelgeneem nadat hy sy regterdybeen, regterskouer en sleutelbeen tydens ’n byeenkoms in Suid-Afrika gebreek het.

Sy dybeen is met ’n pen geheg, wat egter vir etlike maande daarna nie wou heg nie.

Saterdag het hy al drie renne in die ope-topklas, sowel as die algehele Koning van die Stof titel ingepalm.

Die veelvuldige Namibiese MX-kampioen is ooglopend lus vir jaag en het Saterdag sy eerste 75 nasionale kampioenskapspunte ingeoes. Sternagel sê hy mik vir ’n podiumposisie aan die einde van die jaar.

Hy het aan Republikein gesê: “Saterdag was vir my ’n emosionele dag – presies 350 dae ná my ongeluk by Welkom.

“Omrede dit my eerste byeenkoms terug was, het ek nie werklik geweet wat om te verwag nie. Ek het ses weke voor Saterdag bietjie begin ry om die gevoel te kry.

“Ek het vooraf vir myself gesê ek gaan ry en dit geniet en ek moet sê dit was ’n fantastiese gevoel om weer terug op my motorfiets in ’n kompetisie te wees. Ek was verbaas om so goed te vaar en is tevrede met my uitslag en wil graag almal bedank wat my die afgelope jaar ondersteun het.

“Baie dankie aan my ouers, asook PD Stoman en Justin Nolan wat my terug op die fiets gehelp het. My ouers het my baie ondersteun en gehelp om weer my pad te vind. Dankie aan my borge CBT Namibië, XSV Laboratories, Extreme Degreaser en Sternbau, sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie.”

Saterdag se voorste uitslae:

50cc-klas: 1 Dewet du Plessis, 2 Carter Bouwer, 3 Duhan Steenkamp.

65cc: 1 Khian Kotze, 2 Leander Metzger, 3 De Wet du Plessis.

85cc: 1 Luca Brand, 2 Wynand Cronjé, 3 Juan de Vos.

125cc juniors: 1 Anton Myburgh, 2 Dylan Hilfiker, 3 Gero Friedrich.

125cc seniors: 1 Jean Venter.

WMX (vroue): 1 Geena Sadlowski, 2 Zoe Waldschmidt, 3 Ronja Friedrich.

Klubmans: 1 Gerhard Simon, 2 Thimo Martins, 3 Tertius Joubert.

Veterane: 1 Frank Klosta, 2 Rudi Brand, 3 Heiko Stranghöner.

Ope-klas: 1 Mark Sternagel, 2 Donray Botha, 3 Wanjo Kollmitz.

King of the Dirt: 1 Mark Sternagel, 2 Frank Klosta, 3 Donray Botha.

PUNTESTAND

Die nie-amptelike kampioenskapspuntestand (topvyf) ná die vierde byeenkoms:

50cc: 1 Dewet du Plessis 289, 2 Duhan Steenkamp 250, 3 Carla Brand 227, 4 Delmar du Plessis 221, 5 Duhan van Wyk 192.

65cc: 1 Khian Kotze 289, 2 Dewet du Plessis 256, 3 Jan Willem Bronkhorst 207, 4 Leander Metzger 182, 5 Divan du Plessis 168.

85cc: 1 Luca Brand 282, 2 Wynand Cronjé 273, 3 Juan de Vos 216, 4 Marco Lindemeier 215, 5 Luke Jones 140.

125 jnr: 1 Bjorn Kebbel 248, 2 Gero Friedrich 223, 3 Anton Myburgh 213, 4 Rigo Wolf 208, 5 Markus Muller 202.

125 snr: 1 Jean Venter 188.5, 2 Liam Gilchrist 150, 3 Alex Howard 66.

Vroue: 1 Geena Sadlowski 300, 3 Zoe Waldschmidt 198, 3 Maike Bochert 196, 4 Ronya Friedrich 126.

Klubmans: 1 Tertius Joubert 257, 2 Lourens du Plessis 211, 3 Francois Cronjé 171, 4 Jorn Greiter 144, 5 JF van Eeden 58.

Veterane: 1 Rudi Brand 274, 2 Sigi Pack 238, 3 Olaf Pack 231, 4 Heiko Stranghörner 183, 5 Riaan Kritzinger 99.

Ope: 1 Donray Botha 250, 2 Dale Davies 234, 3 Tony Viljoen 220, 4 Liam Gilchrist 200, 5 Quinton van Rooyen 132.

• Die volgende MX-byeenkoms is op Saterdag 3 September by Gallina-park.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!