Lydia Monyepao, Danny Jordaan en Tebogo Motlanthe gister in Johannesburg, waar aangekondig is dat Motlanthe bedank het as uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging. Monyepao gaan die leisels by hom oorneem. Foto Gallo Images
Lydia Monyepao, Danny Jordaan en Tebogo Motlanthe gister in Johannesburg, waar aangekondig is dat Motlanthe bedank het as uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging. Monyepao gaan die leisels by hom oorneem. Foto Gallo Images

Vrou klap nou sweep by Safa

Sokker
Tebogo Motlanthe, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), het gister op ’n nuuskonferensie bevestig dat hy met onmiddellike ingang uit sy pos bedank het.

Danny Jordaan, president van Safa, het op dieselfde konferensie gesê dié bedanking is deur die beheerliggaam se nasionale uitvoerende komitee aanvaar.

Lydia Monyepao, voorheen Safa se bedryfshoof, sal nou die leisels as uitvoerende hoof neem. Monyepao is goed vertroud met plaaslike sokker en het vroeër jare ook vir Suid-Afrika op internasionale vlak gespeel.

Sy is die eerste vrou wat voltyds in dié hoë pos by Safa gaan dien.

Die bepalings en termyn van haar kontrak sal volgens Jordaan eers in die volgende paar dae afgehandel word.

Safa het die naweek in ’n verklaring op sy webwerf gesê hy het ’n bedankingsbrief van Motlanthe ontvang.

Dié kwessie, Banyana Banyana se voorbereiding vir vanjaar se Wêreldbeker-toernooi vir vroue, asook Suid-Afrika se bod vir die WB-toernooi vir vroue in 2027, is Sondag op ’n Safa-noodvergadering bespreek.

Safa het ook in die verklaring gesê Motlanthe is op ’n goeie voet met die beheerliggaam en dat daar geen vyandigheid tussen enige van die betrokke partye was nie.

The Sowetan berig egter dat Motlanthe oor verskeie kwessies ongelukkig was, insluitend beweerde spioenasie op hom in sy kantoor.

Sunday World bespiegel dat Motlanthe moontlik die uitvoerende hoof van die Premiersokkerliga (PSL) kan word.

Mato Madlala, eienaar van Golden Arrows, dien al sedert 2015 as waarnemende uitvoerende hoof van die PSL. Brand de Villiers was die laaste voltydse uitvoerende hoof van die liggaam wat omsien na beroepsokker in die land.

Luidens ’n berig op snl.24.com sal Monyepao Dinsdag reeds as deel van ’n Safa-afvaardiging met die regering in Kaapstad vergader oor die land se bod vir die WB-toernooi in 2027.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!