FC Ongos Ladies glimlag breed vir ’n spanfoto. Foto Footy Namibia
FC Ongos Ladies glimlag breed vir ’n spanfoto. Foto Footy Namibia

Vroue Superliga lyk vol belofte

Vrouesokker
Die heersende titelhouers is uit die blokke met hul eerste twee oorwinnings.
Limba Mupetami
Opwindende wedstryde is laas naweek gesien toe die Namibiese Sokkervereniging (NFA) se FNB Vroue Superliga in die hoofstad afgeskop het.

Vier wedstryde is by die Unam-stadion gespeel, insluitend Saterdag se openingswedstryd wat V-Power Angels met 4-2 teen NUST Babes gewen het.

Die Angels kon inderdaad meer doele behaal het, maar die span het heelwat kanse verspeel, waarmee hul afrigter Risto Shikomba nie juis in sy skik was nie.

Ongos Ladies, die heersende titelhouer, wen met 2-0 teen Arrows Ladies.

Ongos (tevore Tura Magic) het Sondag opnuut hul klas gewys deur vir NUST Babes met 5-0 te verslaan. Die onervare studentespan het in beide hul Vrydag- en Saterdag-wedstryde gesukkel.

Die wedstryd tussen Arrows Ladies en V-Power Angels het met 2-2 gelykop geëindig.

Shama Gure, hoofafrigter van FC Ongos se vrouespan, sê hy is tevrede met die vertonings.

“In terme van die ses ligapunte wat ons oor die naweek ingesamel het, is ek gelukkig. Ons het egter nie gespeel soos ons regtig moes nie. Ons het ’n tekort aan dissipline in ons posisionering gehad, en soveel as wat ons albei ons teenstanders oorheers het, was ons nie baie klinies voor die doel nie, aangesien ons nie daarin kon slaag om munt te slaan uit die vele doelkanse wat geskep is nie. Ons het nie die nodige kalmte binne trefstand gewys nie.”

Gure voeg wel by die oorwinning met 2-0 oor Arrows het die groep se vasbyt getoon. “In die oorwinning met 5-0 Sondag was ons aanvallende vaardighede verblydend. Die spelers het die wedstrydplan doeltreffend uitgevoer, en ek is tevrede met hul pogings – dit kan ek nie ontken nie. Ek gee volle krediet aan my spelers,” het Gure gesê.

Volgens hom het FC Ongos nog werk voor hulle voordat hulle hul volle potensiaal kan verwesenlik.

In vanjaar se FNB Vroue Superliga sal prysgeld van N$250 000 uitgedeel word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!