Vrouespan oorleef net-net teen Zim

Hokkie
Die Namibiërs hoop om môre op 'n oeie noot af te sluit.
Andrew Poolman
Die MTC Namibiese vrouehokkiespan het ’n harde wedstryd teen Zimbabwe oorleef om sy deelname in Pretoria aan die Afrika-hokkie uitduntoernooi vir die 2024 Olimpiese Spele met nog een geleentheid uit te strek.

Jahntwa Kruger se openingsdoel net voor die halftyd het Namibië met 1-0 voor geplaas, voordat drie doele binne vyf minute van die derde kwart bygevoeg is.

Zimbabwe se Alexei Terblanche het munt geslaan vanaf die strafmerkie, nadat een van haar spanmaats die bal by Gillian Hermanus afgeneem het en onwettig deur doelwagter Petro Stoffberg gestuit is.

Dié gelykmaker is twee minute later gevolg deur ’n puik doel vir Rumbi Zimuto van ’n beweging wat in Zimbabwe se eie helfte begin het.

’n Lang aangee deur Emilia Kashopolo het Tisha Semedo voor die doelhok gevind en in staat gestel om die 2-2 gelykmaker in te stuur.

Ondanks ’n hewige tempo kon die spanne geen doele in die vierde kwart byvoeg nie en ’n strafdoelvalbyl moes die wenner bepaal.

Terwyl Tara Myburgh, Jivanka Kruger en Sunelle Ludwig elkeen met hul pogings geslaag het om van die kwartlyn af binne agt sekondes die doelwagter te klop, het hul kaptein Petro Stoffberg as doelwagter daarin geslaag om al drie die Zimbabwiese aanvallers te ontwrig en van besit te ontneem.

Dié blye oorwinning, hul eerste van die toernooi, bring mee dat afrigter Sedtric Makati se span môre (09:15) teen Zambië vir die vyfde posisie sal uitspeel. Dis ’n herontmoeting teen die buurland wat op dag twee met 3-2 aan die wenkant was.

Jivanka Kruger is vir die tweede keer in die toernooi as speler van die wedstryd aangewys.

Stoffberg het in haar media-onderhoud gesê Zimbabwe is ’n goed gestruktureerde span. “Die geluk was aan ons kant. Van ons spelers studeer in Suid-Afrika, of het voltydse beroepe, omdat hokkie in Namibië nie ’n beroepsport is nie. Ons het dus nie altyd baie oefenkans saam nie en sommige kombinasies se samespel begin mekaar eers nou rêrig vind.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!