Vrouespan se oefenlopie suksesvol

Rolbal
Andrew Poolman
Die Namibiese vrouerolbalspan het ’n sterk prestasie gelewer by die vierhoekige internasionale toernooi vroeg in Desember op George in die Suid-Kaap.

Namibië was die algehele wenner in die kompetisie, terwyl Bianca Lewis uitgeblink het deur goud in die enkelspel te verwerf en ook as speler van die toernooi bekroon te word.

Vanweë Zimbabwe se onttrekking is spanne van SA Korrektiewe Dienste en die SA Polisiediens betrek om Namibië en Botswana die stryd aan te sê. Die Suid-Afrikaanse kombinasies het verskeie ervare en gerekende provinsiale en nasionale spelers van die buurland bevat.

In die vierspel het die goue medalje ook aan Namibië se Huipie van Wyk, Bianca Lewis, Diana Viljoen en spankaptein Marietjie van den Bergh behoort.

Die vrouespan se ander uitslag was silwer in die parespel, ná SA Korrektiewe Dienste. Geen kompetisie in driespel is aangebied nie.

Vir die Namibiërs was die toer ’n waardevolle oefenlopie voor die nuwe jaar waarin die volgende belangrike toernooie in die vooruitsig is:

• Namibiese nasionale kampioenskap – 30 April tot 6 Mei in Windhoek

• Afrika Statetoernooi – 26 tot 30 Junie in Windhoek

• Wêreldrolbaltoernooi – 29 Augustus tot 10 September in Australië

Die vrouespan se spanbestuurder, me. Elna Esterhuizen, sê: “Die standaard van rolbal was ongelooflik hoog, maar ons vroue was opgewasse vir die taak.”

MANS

Twee Namibiese manspanne het ook in George teen dieselfde opposisie meegeding.

Die agt manspelers was Kat Steenkamp, Piet Appollis, Colin Peake, Johan Jacobs, Axel Krahenbuhl, Willie Esterhuizen, Schalk van Wyk, Graham Snyman en André Campbell (spanbestuurder).

Parespel (bekerafdeling): 1 SA Polisie, 2 Namibië III, 3 SA Korrektiewe Dienste.

Parespel (plaatafdeling): 1 Namibië IV, 2 Namibië III, 3 Botswana.

Vierspel (bekerafdeling): 1 SA Korrektiewe Dienste, 2 SA Polisie, 3 Namibië I.

Mans finale algehele finale plasing: 1 SA Korrektiewe Dienste, 2 Namibië, 3 SA Polisie, 4 Botswana.

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!