VSA Ope ’n tree vorentoe vir Connor

Tennis
Andrew Poolman
Connor van Schalkwyk se aanslag op die Amerikaanse Junior Ope in New York het gisteraand (Namibiese tyd) in die tweede ronde geëindig, maar hy kan nietemin terugkyk op ’n betekenisvolle tree vorentoe in sy tennisloopbaan.

Die 17-jarige Namibiër, tans 61ste op die junior wêreldranglys en die afgelope twee jaar gebaseer in Swede, het Maandag het in sy openingswedstryd vir ’n ligte opskudding gesorg deur die 17-jarige Amerikaner Leanid Boika (31ste) met 6-4 6-4 uit te skakel.

Hul eersterondtewedstryd op baan 4 het een uur 41 minute geduur.

Dié oorwinning was sy eerste in ’n Junior Grand Slam-toernooi, nadat hy vanjaar by Junior Wimbledon (Julie in Londen), die Junior Franse Ope (Mei in Parys) en die Junior Australiese Ope (Januarie in Melbourne) in die eerste ronde uitgeskakel is.

Die Amerikaanse Junior Ope, met 64 spelers in die enkelspel se hoofloting, het Sondag begin en duur tot komende Saterdag.

Van Schalkwyk se volgende opponent gister – nadat Dinsdag se bestemde wedstryde weens reën uitgestel moes word – was Peter Privara van Slowakye, wat Ignacio Buse (12de gekeur in die toernooi) van Peru in sy openingswedstryd uitgeskakel het.

Privara het gister hul kragmeting se eerste stel met 7-5 beklink, nadat die twee jongmanne op 5-5 gelykop was. Die Slowaak het hierna ’n voorsprong met 4-0 in die tweede stel opgebou en hoewel Van Schalkwyk die telling 5-3 gemaak het, het sy opponent die stel met 6-3 beklink.

Van Schalkwyk het ook in die dubbelspel meeding, met Constantinos Koshis (Ciprus) as sy vennoot, maar hulle is in die eerste ronde uitgeskakel.

In ’n media-onderhoud in New York het Van Schalkwyk vertel dat hy vanaf die eerste keer dat hy Grand Slam-tennis op TV gekyk het, daarvan gedroom het om self daar te speel.

“Ek weet nie of ek ooit regtig geglo het dit sou gebeur nie. Ek is net so verheug dat ek eindelik ’n junior Grand Slam-wedstryd kon wen, en so trots om my land Namibië hier te kan verteenwoordig.

“Dit is so opwindend en bevredigend om te sien dat die harde werk en opofferinge in ons familie vrugte afwerp.”

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.64 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.16 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 660.15/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.009 | Zinc US$ 3 012.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 73.99/BBP DOWN -0.0163 | Platinum US$ 989.11/OZ UP +0.08% #N/A