• Tuisblad
  • Sport
  • Wakefield ondergaan operasie, voltooi Epic se langste skof
Candice Lill en Amy Wakefield Dinsdag in die oranje truie as die voorlopers in die vrouewedren van die Cape Epic. Foto Cape Epic / Sam Clark
Candice Lill en Amy Wakefield Dinsdag in die oranje truie as die voorlopers in die vrouewedren van die Cape Epic. Foto Cape Epic / Sam Clark

Wakefield ondergaan operasie, voltooi Epic se langste skof

Bergfietsry
Annchen Nel
Die agtdaagse Cape Epic is nog net twee dae oud, maar die Kaapse bergfietsryer Amy Wakefield is reeds die heldin van die week.

Sy het Dinsdag die langste skof in vanjaar se wedren voltooi, nadat sy die vorige aand ’n operasie ondergaan en net vier uur geslaap het.

’n Tak het Maandag in ’n fratsongeluk ’n groot wond in haar linker-boarmspier oopgeskeur, maar sy en haar spanmaat, Candice Lill, het steeds die eerste skof buite Hermanus gewen.

Ná behandeling in die mediese tent is besluit dat sy ’n plastiese chirurg by die Mediclinic Vergelegen in Somerset-Wes moet sien.

“Die dokters sê dis ’n wonderwerk dat die spier nie geskeur het nie.

“In die algemeen gril ek maklik. Ek was naar, maar dit was asof ’n ander Amy my liggaam oorgeneem het.

Wakefield sê sy het gesien dit bloei nie en vir Lill vir duct tape gevra en hulle het die wond verbind.

“Dit was ’n surrealistiese ondervinding. Dit was net ’n paar minute, maar het soos 20 minute gevoel.”

Wakefield is omstreeks 21:00 geopereer en het eers om middernag teruggekom in die wedrendorp in Hermanus.

Omdat sy in die elite vroue-afdeling meeding, kon sy ook nie sommer pynmedikasie neem nie.

Sy het ná Dinsdag se tweede skof van 116 km (die langste in vanjaar se toer) erken die arm is baie pynlik.

“Ek het elke stamp en stoot gevoel. Dit is pyn, maar ek vererger nie die besering nie.

“Ek weet my liggaam het ’n groot hou weg en ek is nie Superwoman nie, so ons het vandag konserwatief gery.

“Ek het vertroue in die mediese span en ondersteuningspan se werk en ons hanteer die infeksie.”

Sy en Lill het steeds derde geëindig in die skof oor 116 km en is die algehele voorlopers.

Die eerste posisie voel nog onwerklik vir dié twee Kapenaars van die span e-FORT.net | SeattleCoffeeCo.

Wakefield sê om voor te loop in die Epic was nog altyd ’n loopbaan-droom.

“Ek het geglo ek het dit in my om voor te wees in die Epic, maar om dit te doen is ’n ander saak.

Lill en Wakefield geniet ’n voorsprong van vyf minute bo Sofia Gomez Villafane en Katerina Nash (NinetyOne-songo-Specialized).

Derde is Vera Looser en Kim Le Court (Efficient Infiniti Insure), 10 minute 40 sekondes, met die res van die elite vroue 54 minute of meer agter die voorloperspan.

“Dis nog vroeg in die week en baie lê nog voor,” sê Wakefield.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!