• Tuisblad
  • Sport
  • Wanderers begrawe enige twyfel in sy kampioenspan

Wanderers begrawe enige twyfel in sy kampioenspan

Klubrugby
Die Wit Hingste het drie uit drie finale gewen.
Andrew Poolman
FNB Wanderers se oorwinning in die NRU premierliga-finaal met die bykans ongekende verskil van twintig punte dui daarop dat die klub ’n toonaangewende krag in die land se klubrugby is.

Die afrigterspan van Rohan Kitshoff, Darryl de la Harpe en Dirk Human se werk het vrugte afgewerp met die dominerende vertoning waarmee die Wit Hingste Saterdag vir FNB Unam met 51-31 gebêre het (rustyd 23-17).

By Wanderers word ook met ’n vaste oortuiging geglo dat André van der Berg nou die beste losskakel in die land is. Sy individuele talent en bestuur van die wedstryd was ’n reusefaktor om sy hardwerkende pak voorspelers op die voorvoet te hou, in kombinasie met sy ou skoolvriend Jacques Theron as skrumskakel en met die ewe lang skopvermoë van Denzo Bruwer as heelagter.

Van der Berg is as speler van die wedstryd aangewys vir sy bydrae van 23 punte en hy was gewis die grootste individuele doring in Unam se vlees. Sy vroeë aanval op die voordeellyn voor hy die senter Louis Meyer vir sy drie deurgestuur het, was een van verskeie keerpunte in die wedstryd.

Ná die era sedert 2015 waarin Unam skouspelagtige opgang gemaak het en vir ander klubs die maatstaf gestel het, is Wanderers nou die klub waaraan ander hul sukses kan meet.

“Ons span het hierdie jaar hul gatte af gewerk. Alle krediet ook aan Unam, wat ons in die finaal baie hard gedruk het.

“Die eerste helfte was wel baie gelykop, maar ons was sterk in die wedloop en moes net ons dissipline opknap en die afskoppe beheer om nie dadelik weer punte af te staan nie. Daarna het die kaarte vir hulself gesorg,” het Wanderers se kaptein Christo van der Merwe agterna gesê.

“Om al drie finale te wen – ook met ons tweede span in die reserweliga en die vrouefinaal – was ’n doelwit wat ons gestel het en ek is vandag ’n trotse Wanderers-man.”

Sy Unam-eweknie Prince !Gaoseb het gesê hy was teleurgesteld in die manier waarop sy span in die tweede helfte oorskadu is, terwyl die studente tradisioneel eers dan hul tempo behoorlik verhoog.

“Wanderers het verdien om te wen. Hulle het ons foute gestraf met hul taktiese skoppe en hoë skoppe en ons herstelpoging het te laat begin.”

As die hoofborg van klubrugby in die land het FNB Namibia tjeks vir N$75 000 aan Wanderers as premierliga-kampioens, asook N$2 000 aan Van der Berg as speler van die wedstryd oorhandig.

’n Wedstrydverslag verskyn binne in Sport Wrap.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!