Wanderers gee eerste T20-tree
Krieket
Imperial APS Samsung Wanderers se eerste krieketspan se botsing gister teen Trustco United was inderdaad ’n Sondag-uitstappie wat die gasheer gemaklik met sewe paaltjies in net 12.2 boulbeurte beklink het.
Krieket Namibië se T20-premierligaseisoen vir 2023 is gister met dié enkele wedstryd by Wanderers in Pionierspark ingelei.
United is tot 87 lopies vir die verlies van sewe paaltjies in hul toegelate 20 boulbeurte beperk, voordat die Wit Hingste hul 90 vir die verlies van drie kolwers kon opstapel.
Beide spanne het sewe ekstralopies afgestaan. United (1 loslopie, 2 bylopies, 4 wydlopers) en Wanderers (2 loslopies, 2 bylopies, 3 wydlopers).
Die Filistyne slaan vyf viere en een ses, teenoor Wanderers wat met twaalf viere en drie sesse antwoord.
United se lopies in kolfvolgorde:
1 Mxolisi Dube (4, 12 balle)
2 Henry Hayes (5, 5 b, 1x4)
3 Francois Rautenbach (18, 26 b, 3x4),
4 Francois Steyn (15, 17 b, 1x4, 1x6)
5 Eben van Wyk (21*, 30 b)
6 KC Griffiths (0, 4 b)
7 Hendrik van der Walt (13, 14 b, 1x4)
8 Franko Bergh (4, 9 b)
9 Melrich Robyn (0*, 2 b)
Wanderers se boulsyfers: Nicholaas Scholtz 2 paaltjies vir 9 lopies in 4 boulbeurte (1 leeg, 14 dot-balle, ekonomie 2.25 per boulbeurt), Nyashadzaishe Nyasha (2/13 in 4, 14 dots, ekon. 3.25), Danie van Schoor (1/17 in 4, 1 leeg, 16 dots, ekon. 4.25), Hansie de Villiers (1/6 in 2, 7 dots, ekon. 3), PD Blignaut (1/13 in 2, ekon. 6.5).
Wanderers se lopiemakers:
1 Niko Davin (1, 6 b)
2 JC Balt (38, 32 b, 6x4, 1x6)
3 Michau du Preez (25*, 21 b, 3x4, 1x6)
4 Nyasha Nyasha (9, 8 b, 2x4)
5 Wessel Myburgh (10*, 7 b, 1x4, 1x6)
Griffiths (2/19 in 3.2, 12 dots, ekon. 5.7) is United se suksesvolste bouler. Van der Walt bewerkstellig 1/9 in 2 (7 dots, ekon. 4.5).
• Wanderers se tweede span het Saterdag die eersteligafinaal oor 40-boulbeurt met gemak teen die Shaheen Titans gewen. Berig binne in Sport Wrap.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie