Wanderers se eerste 100 jaar maak bielie van ’n boek
Sportgeskiedenis
“Ek is diep geraak en geëerd dat soveel van Wanderers se sportlegendes vanaand hier is om die bekendstelling van hierdie spesiale boek te gedenk.”
So het die ervare en gerespekteerde sportskrywer Helge Schütz in sy toespraak gesê by die loodsing van sy boek om Wanderers-sportklub se 100-jarige bestaan te gedenk.
Schütz sê hy is in April 2018 genader om dié enorme projek aan te pak – wat aanvanklik uitsluitlik oor die Windhoekse klub se rugbygeskiedenis sou handel, wat die oudste sportkode is. Wanderers-rugbyklub is in 1920 gestig.
Kort voor lank is die taak egter uitgebrei om ook die geskiedenis van Wanderers se krieket-, netbal-, hokkie-, muurbal- en tafeltennisklubs in die boek saam te vat.
Schütz sê dit het hom twee jaar geneem, waarvan die eerste jaar grootliks uit navorsing bestaan het wat hy bykans elke dag in die nasionale argiewe se ou koerante en deur onderhoude met van die oudste lewende klublede, voordat hy in die tweede jaar die skryfwerk voltooi het.
Hy het bygevoeg dit is jammer dat vier Wanderers-legendes by name Malie Snyman, Piet van Rhyn, Adri Basson en onlangs ook Gerhard Mans tot sterwe gekom het voordat die boek die lig gesien het.
“Ek onthou veral Adri en oom Piet was baie opgewonde en ondersteunend oor die boekprojek. Hoewel hulle nou nie meer met ons is nie, is hierdie boek deel van die nalatenskap van gees en bydraes wat hulle tot Wanderers en die land gelewer het.”
Schütz sê hy is bevoorreg dat die taak aan hom toevertrou is. “Ek is trots op die eindproduk en glo die boek is ’n belangrike byvoeging tot die annale van Namibië se sportgeskiedenis.”
Die boek van meer as 400 bladsye word vir N$1 500 per eksemplaar verkoop en is verkrygbaar deur Steven Berry by [email protected] of 081 787 9124 te kontak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie