WAP haal vier hokkiefinale
Skolehokkie
'n Nuwe meisieskampioen sal komende Saterdag tussen Affies of St. Paul's bekroon word, ná die WHS-meisies se uitskakeling.
Die spankaptein Christiaan du Raan was met vier doele aan die spits van die verdedigende titelhouer Windhoek Afrikaanse Privaatskool se eerste seunshokkiespan se oortuigende oorwinning met 6-1 teen Windhoek Gimnasium.
Windhoek Affies het sy uitdagers in die semifinale van die NSSU nasionale skolehokkieligas by die Davin Trustco WHS-hokkiebaan laat kennis neem, toe al vier die skool se spanne vir die eerste keer tot komende naweek se eindstryde deurgedring het. Die deurbraak word as ’n groot prestasie vir die skool se hokkie bestempel.
Afgesien van Du Raan se vertoning, wat drie doele in die tweede helfte ingesluit het, het sy spanmaat Ludwig van Rooyen ook twee doele vir die wenspan bygedra. Du Raan is boonop vir sy 100ste wedstryd vir sy skoolspan vereer.
Nadat Enzo Martins in die vierde minuut ’n 1-1 gelykmakende doel vir Windhoek Gimnasium aangeteken het, het die rooi-en-swart span egter stelselmatig uit die prentjie verdwyn.
• Affies se seuns sal komende naweek in die eindstryd opgeweeg word teen Windhoek Hoërskool, wat hul semifinaal teen Pro-Ed Akademie met 2-1 beklink het.
Die besoekers uit Swakopmund het die voortou geneem met ’n vroeë treffer (4de minuut) deur Juan Theron, maar vir WHS het Markus Botes die gelykmaker behaal, voordat Herman Els se wendoel ná 45 minute die bloues se vordering na die eindstryd beteken het.
MEISIES EERSTE LIGA
Die grootste doelverskil in enige semifinaal was in St. Paul’s eerste span se oorwinning met 7-1 teen Windhoek Gimnasium in die meisies eerste liga.
’n Nuwe ligakampioen sal komende Saterdag bekroon word, ná die WHS-meisies se uitskakeling met 1-2 deur Windhoek Affies.
Ná skaars twee minute was WHS voor danksy Milah Malan se treffer, maar Mia Karsten het sake in die 4de minuut gelykop gemaak en in die 21ste minuut ook die wendoel aangeteken.
• In St. Paul’s se 7-1 doelefees kon Windhoek Gim ná 48 minute ’n hou inkry danksy Jenna van Rooyen, maar verder was dit ’n teistering met doele deur Jaime Gillies (2de en 34ste en 44ste minuut), Danielle Hillinger (11de minuut), Mone Graham (45 minute), Azaylee Philander (48 minute) en Caitlin Gillies (58 minute).
• Uitslae van die ander ligas:
MEISIES DERDE LIGA: Tsumeb klop Elnatan met 3-0. Keetmanshoop Privaatskool klop met 3-0.
MEISIES TWEEDE LIGA: St. Paul’s klop Windhoek Gimnasium met 1-0. Windhoek Affies klop St. George’s met 2-1.
SEUNS TWEEDE LIGA: Etosha klop WHS met 2-1. Windhoek Affies klop Windhoek Gimnasium met 2-1.
• Alle finale vind komende Saterdag by Affiespark se bane by Wanderers se plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie