Warriors deur na semifinaal

Sokker
Tielman van Lill
Die Tafel Lager Brave Warriors is deur na Vrydag se semifinaal (16:00) van die 2022 Cosafabekertoernooi en sal teen vandag se wenner tussen Suid-Afrika en Mosambiek te staan kom.

Namibië het Madagaskar gister by die King Goodwill Zwelithini-stadion in Durban met 2-0 in die eerste kwarteindstryd uitgeskakel.

Dié uitslag is ’n welkome verbetering op Namibië se ongelukkige rekord in Cosafa-kwarteindstryde, waar hulle die laaste drie kere met strafskopvalbyle en tevore vier keer in gewone speeltyd uitgeskakel is.

Ná ’n doellose eerste helfte het Absalom Iimbondi met ’n strafskop die eerste doel aangeteken, nadat Wendell Rudath in die doelgebied grond toe gebring is.

Vier minute later het ’n verdediger Rudath tot teenaan die doellyn vergesel, maar ondanks geen ruimte het hy ’n puik doel met ’n dwarsskop verby Madagaskar se verdwaasde doelwagter gestuur om 2-0 voor te loop. Rudath is as speler van die wedstryd aangewys.

Die Warriors het minstens nog twee sekere doelkanse verspeel, waarby Steven Damaseb en die nuweling Bethuel Muzeu betrokke was.

Madagaskar, wat eers gisteroggend in Durban aangekom het, het die laaste 20 minute met net tien spelers verhinder dat Namibië ’n doel kon byvoeg, ná Rojo Andiamanjato se rooi kaart vir onverskilige stukkie verdediging wat Aprocius Petrus in die lug laat bollemakiese slaan het.

Collin Benjamin, nuwe hoofafrigter van die Warriors, het drie debutante in sy beginspan gehad en nog vier op die reserwebank.

Hy het agterna gesê sy wenspan kort nog baie werk, want die spelers is nog redelik “rou, met tye selfs onprofessioneel”.

“Ons het geweet dit gaan ’n taai stryd teen Madagaskar wees. Die keerpunt in die wedstryd was die strafskop wat ons eerste doel besorg het. Madagaskar is ’n goeie span, hulle het ons selfs met tien spelers aan bande gelê.

VANDAG se kwarteindstryde: Senegal vs Eswatini 14:00; Suid-Afrika tn Mosambiek 17:00.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!