Warriors op jag vir punte
Sokker
Namibië se Brave Warriors is van nuuts af vasbeslote om dadelik terug te slaan ná hul nederlaag verlede week teen Ekwatoriaal-Guinee in die Fifa Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryd.
Afrigter Collin Benjamin se manne kom vandag om teen São Tomé en Príncipe te staan. Die kwalifiserende Afrika groep H-wedstryd word in Agadier, Marokko, gespeel en sal om 18:00 afskop.
Die Warriors het verlede week met 0-1 teen Ekwatoriaal-Guinee in dié land se hoofstad Malambo verloor en is deeglik bewus dat hulle so vroeg as moontlik ligapunte in hul groep moet aanteken.
Ná een wedstryd elk is Tunisië, Malawi en Ekwatoriaal-Guinee tans die voorlopers in die groep met drie punte elk, danksy oorwinnings teen onderskeidelik São Tomé en Príncipe (met 4-0), Liberië (met 1-0) en Namibië (met 1-0).
Die Brave Warriors spelersgroep:
Doelwagter: Loydt Kazapua, Kamaijanda Ndisiro, Jonas Mateus.
Verdedigers: Ryan Nyambe, Ivan Kamberipa, Kennedy Amutenya, Charles Hambira, Ananias Gebhardt, Denzil Haoseb, Riaan Hanamub, Aprocious Petrus.
Middelveldspelers: Deon Hotto, Marcell Papama, Romeo Kasume, Ngero Katua, Edmar Kamatuka, Absalom Iimbondi, Simon Elago, Prins Tjiueza, Petrus Shitembi, Uetuuru Kambato.
Voorspelers: Junior Petrus, Betuel Muzeu, Elmo Kambindu.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie