Warriors se lot later bepaal

Sokker
Limba Mupetami
Burundi se sokkerspan, met sy droom om vir die Afrika Nasiebeker-toernooi (Afcon) te kwalifiseer in die weegskaal, het Namibië stil gespeel met gister se sege van 3-2 in groep C om sodoende hul kans lewendig te hou.

Burundi was die buiteperd (derde met slegs een punt), teen Namibië se Brave Warriors, boaan groep C met vyf punte.

Sake het egter gister ’n dramatiese wending geneem, met Burundi wat hulself verras het met Abedi Bigirimana se doel net 56 sekondes ná die afskop.

In die 10de minuut het Bonfils Bimenyimana dit 2-0 gemaak, voor Hussein Shabani met hul derde doel (19de minuut) nog ’n skok gelewer het.

Namibiërs het Riaan Hanamub en Denzil Haoseb afgehaal en Kennedy Amutenya en Aprocius Petrus opgestuur, maar selfs eenvoudige aangeë wou nie vlot nie.

In die 41ste minuut het die Warriors-kaptein, Peter Shalulile, ’n troosdoel behaal ná ’n fout deur Burundi.

In die tweede helfte het Marcel Papama vir Ngero Kaanjuka vervang. In die 85ste minuut het Wendall Rudath vir Namibië ’n waardevolle tweede doel bygevoeg.

Die uitslag laat Namibië met vyf punte, terwyl Kameroen en Burundi elk vier punte het. Vir Namibië om vir die Afrika Nasiebeker te kwalifiseer, moet Kameroen óf Burundi in hul laaste groepwedstryd in September wen. Net indien die twee met 4-4 of ’n hoër telling gelykop speel, kan Namibië op grond van doelverskil uitgeskakel word ten gunste van die ander twee.

Afrigter Collin Benjamin sê brawe besluite en akkuraatheid het vir Burundi vrugte afgelewer. “Hulle het hul kanse aangegryp en ons op die regte oomblikke gestraf om die uitslag vroeg al in hul guns te beklink. Die kans om te kwalifiseer, is nou nie meer in ons hande nie. Ons moet maar wag en kyk.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!