Wayde bou op vir grote by wêreldkampioenskap
Atletiek
Die 400 meter vir mans beloof opnuut om een van die hoogtepunte te wees.
Dit wil voorkom of die 400 meter-wêreldrekordhouer, Wayde van Niekerk van Suid-Afrika, stadig maar seker besig is om sy vorige beste peil te herwin.
Alles hang natuurlik daarvan af of die 31-jarige Van Niekerk op die regte tyd by die 2023 Wêreldkampioenskap in Boedapest, Hongarye, op sy piek van sy vermoëns gaan wees.
Hy het sy wêreldrekord (43.03) by die 2016 Olimpiese Spele in Brasilië aangeteken. ’n Ernstige kniebesering het egter daarna sy loopbaan bedreig.
Saam met sy Olimpiese goud het Van Niekerk ook twee keer die 400-wêreldtitel verower.
Sy beste tyd vanjaar is 44.08 in Julie – bykans ’n volle sekonde stadiger as 43.03. Maar soos Van Niekerk die afgelope vier maande vordering gemaak het, kan hy in Boedapest vir ’n verrassing sorg.
Hy het sedert 30 Maart sewe wedlope in die RSA en oorsee gehardloop wat almal vir hom eerste plekke besorg het. Die tye in chronologiese volgorde was 45.99, 44.95, 44.17, 44.21, 44.38, 44.08 en 44.39.
Toptien tye vir 2023
Natuurlik is elke atleet besig met ’n skaakspel om hul teenstanders aan die raai te hou. Muzala Samukonga (Zambië, 43.91, tweede geplaas onder die vinnigstes vanjaar), Van Niekerk (vierde) en Emmanuel Bamidele (Nigerië, 44.24, sewende) kan vir Afrika in Boedapest in die bresse tree.
Die Afrikane het vyf Amerikaners, asook Steven Gardiner van die Bahamas en Jamaika se Rusheen McDonald om mee rekening te hou.
Die nommer 1 sover vanjaar is Gardiner (43.74). Derde is McDonald (44.03), vyfde Rai Benjamin (VSA, 44.21), ses Bryce Deadmon (VSA, 44.22), agtste Ryan Willie (VSA, 44.25), negende Vernon Norwood (VSA, 44.39) en tiende Quincy Hall (VSA, 44.41).
Vorige tye sê egter nie alles nie. Daar is die uitgeslape Kirani James (gewese wêreld- en Olimpiese kampioen) van Grenada met 44.41 en nog nege atlete wat in 2023 onder 44.65 gehardloop het. Een van hulle is Bayapo Ndori (44.61) van Botswana. James het in 2022 silwer by die wêreldkampioenskap gewen.
Michael Norman van die VSA is die verdedigende wêreldkampioen. Hy het in Julie 2022 dié titel met 44.29 in Oregon gewen. Norman het nog nie vanjaar in ’n 400-wedloop gehardloop nie.
Die 2023 Wêreldkampioenskap is vanaf 19 tot 27 Augustus in Hongarye geskeduleer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie