WB 2023: Deysel lei dié manne teen Italië

Rugby
Sewe lede van die beginspan speel in hul derde Wêreldbeker.
Andrew Poolman
Die oomblik van waarheid het aangebreek met die aankondiging van Namibië se wedstrydgroep vir hul opening van die 2023 Wêreldbeker-rugbytoernooi teen Italië komende Saterdag (afskoptyd 13:00) in Saint-Étienne, Frankryk.

Die welkome terugkeer van Torsten van Jaarsveld, Tjiuee Uanivi en Johan Retief is voorlangs die enigste veranderinge aan die laaste toets op 12 Augustus, toe die Namibiërs met 28-26 teen Chili in Valpairiso gewen het.

Die haker Van Jaarsveld (boarmspier), slot Uanivi en flank Retief (sleutelbeen) het tydens die toer in Suid-Amerika stampe gekry, wat kanse in die beginspan vir Louis van der Westhuizen, Ruan Ludick en Max Katjijeko meegebring het.

In die agterlyn word die ongelukkige Chad Plato (dyspierskeur teen die Bulle in Windhoek) op regtervleuel deur die ewe vlytige Gerswin Mouton vervang.

Afrigter Allister Coetzee plaas dus sy geloof en vertroue in die kerngroep wat hy op die toer in Suid-Amerika begin saamsnoer het.

Tiaan Swanepoel behou sy Namibiese 10-trui vir sy eerste Wêreldbeker-verskyning, nadat sy vier uit vier doelskoppe teen Chili uiteindelik net-net die oorwinning beklink het.

In die afrigterspan se planne vir die latere WB groep A-wedstryde teen Nieu-Seeland, Frankryk en Uruguay sal dit interessant wees of, hoe en waar die gesoute Cliven Loubser ná sy terugkeer van ’n kniebesering ingespan word.

Hul verskyning teen Italië sal vir die Namibiese kaptein en senter Johan Deysel, Van Jaarsveld, vaskopstut Aranos Coetzee, slot Uanivi, flank Wian Conradie, skrumskakel Damian Stevens, vleuel JC Greyling en reserwehaker Louis van der Westhuizen elkeen hul derde Wêreldbeker (ná Engeland 2015 en Japan 2019) ’n werklikheid maak.

Desiderius Sethie, Johan Retief en Prince !Gaoseb (2019), asook Casper Viviers (2015) het ook vorige toernooie eerstehands beleef.

Vir Adriaan Ludick, die voormalige Wallabies-flank Richard Hardwick, Swanepoel, Danco Burger, Gerswin Mouton en Divan Rossouw, asook die res van die plaasvervangers sal dit hul debuut op een van die heel grootste sportverhoë wees.

Namibië se span:

1 Desiderius Sethie, 2 Torsten van Jaarsveld, 3 Aranos Coetzee, 4 Adriaan Ludick, 5 Tjiuee Uanivi, 6 Wian Conradie, 7 Johan Retief, 8 Richard Hardwick, 9 Damian Stevens, 10 Tiaan Swanepoel, 11 JC Greyling, 12 Danco Burger, 13 Johan Deysel (kaptein), 14 Gerswin Mouton, 15 Divan Rossouw.

Plaasvervangers: 16 Louis van der Westhuizen, 17 Jason Benade, 18 Casper Viviers, 19 Tiaan de Klerk, 20 Prince !Gaoseb, 21 Jacques Theron, 22 André van der Berg, 23 Le Roux Malan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!